Hernude groot gewag oor BIG
’n Plan is op die tafel om nagenoeg 380 000 Namibiërs ’n maandelikse toelaag van N$389 per maand vir tien jaar te betaal.
Denver Kisting – ’n Plan om die mees kwesbare lede van die samelewing uit armoede te help lig, sal nagenoeg N$8 miljard oor ’n tydperk van tien jaar kos.
Dié raming vir ’n basiese inkomstetoelaag (BIG) is geskoei op N$389 per maand vir 380 000 mense oor die beplande dekade.
Dít kom meer as tien jaar nadat ’n proeflopie by Omitara sowat 100 km oos van Windhoek oor twee jaar tussen 2008 en 2009 gedoen is.
Mnr. Wilbard Nashandi, direkteur gemoeid met beplanning, beleid en navorsing in die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, sê die plan is om die voorgenome BIG uit verskeie bronne te befonds.
Die hoofbron sal na verwagting uit belasting bestaan, naamlik ’n BIG-fonds, sê hy.
’n Ander opsie is om wetgewing te wysig sodat pensioenarisse wat finansieel na hulleself kan omsien, hul regeringstoelaag verbeur.
Kragtens dié beplande wetswysiging sou diegene wat oor ander bronne van inkomste beskik ook kon kies om nie van die staatspensioen gebruik te maak nie, het Nashandi verlede week tydens ’n paneelbespreking op nasionale televisie gesê.
Ofskoon dit ’n omstrede voorstel is, beveel ’n onlangse lewensvatbaarheidstudie oor die BIG ook aan dat van die land se natuurlike hulpbronne gebruik sou kon word om die skema te finansier, sê Nashandi.
Dié studie is in samewerking met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) gedoen.
Nashandi sê in dié stadium is die plan om die BIG aan werklose en behoeftige Namibiërs beskikbaar te stel. “Ons sou dit vir almal wou gee indien ons diep sakke gehad het, maar ongelukkig sal die (beskikbare) hulpbronne altyd bepaal (hoeveel hulp verleen kan word).”
’n Plaaslike ekonomiese ontleder, mnr. Klaus Schade, sê te midde van die toenemende onsekerhede waartoe Covid-19 aanleiding gee, is inkomstesekuriteit “kardinaal belangrik”.
Die impak wat die noodinkomstetoelaag van N$750 vroeër vanjaar op talle Namibiërs se lewens gehad het, is ’n bewys van die behoefte wat bestaan, sê Schade. “En dit moet beslis rigting gee aan die gesprek oor hoe ons maatskaplike vangnette kan versterk.”
Armoede in die land het sonder twyfel die afgelope maande weens die uitwerking van die pandemie toegeneem, sê Schade. “Ons móét maniere vind om dit die beste te pak. Die basiese inkomstetoelaag kan beslis ’n belangrike rol vertolk.”
Mnr. Uhuru Dempers van die BIG-koalisie sê die proefprojek tussen Januarie 2008 en Desember 2009 by Omitara het destyds ’n geweldige opbouende impak op daardie gemeenskap gehad.
Onder meer, sê hy, het wanvoeding destyds van sowat 42% tot 10% afgeneem.
Dempers sê hiernaas moes die plaaslike skool twee nuwe klaskamers oprig nadat meer kinders skool toe begin gaan het.
Volgens hom het misdaad – veral ekonomiese misdade, soos stropery en onwettige houtoeste – ook gedurende daardie tydperk afgeneem. “Dit is lewensvatbaar. Dit het gewerk. Dit het die lewens van die mense by Omitara getransformeer.”
Toe hulle verlede jaar ’n opvolgstudie doen, het hulle gesien hoe dié gemeenskap opnuut in ellende gedompel is die afgelope tien jaar sedert die program ten einde geloop het, het Dempers gesê.
Dit is in hierdie stadium nog nie presies seker wanneer die nuwe beoogde BIG in werking sal tree nie. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie