Hernude vrese oor kredietafgradering
Hernude vrese oor kredietafgradering

Hernude vrese oor kredietafgradering

Hernude vrese oor nog ’n afgradering was een van die faktore wat die rand sedert Maandag laat verswak.
Die rand het gister (Dinsdag) teen 08:00 op R13,22 teen die dollar verhandel.

Ilke van Zyl, ’n ekonoom van RMB, sê die rand het verswak as gevolg van hernude vrese oor ’n afgradering deur die kredietgradeerders.

Moody’s Investors Service het Maandag in ’n verslag die voortgesette strukturele probleme in Suid-Afrika geopper wat in die weg van ekonomiese groei staan. Boonop het Moody’s ook kommer oor die onafhanklikheid van die Reserwebank uitgespreek.

Die rand het Maandag deur die dag ’n hoogtepunt van R13,24 teen die dollar getoets en op R13,18 gesluit.

Die rand het ook teen die euro verswak nadat hy op R15,30 geopen het en later tot R15,64 verswak het.

Dié wisselkoers het Dinsdagoggend op R15,57 geopen.

Van Zyl sê indien Moody’s besluit om Suid-Afrika af te gradeer gaan sowel die land se staatskuld wat in die buiteland as staatskuld wat in die plaaslike mark uitgereik word op die vlak onder beleggingsgraad (rommelstatus) wees by twee gradeerders, naamlik Moody’s en Fitch Ratings.

Dit sal dan net die Standard & Poor’s Global Ratings (S&P) laat om staatskuld in rand af te gradeer voordat Suid-Afrika verwyder word uit die wêreldindeks van staatseffekte wat beleggers wêreldwyd gebruik om te besluit hoeveel hulle in ’n land se staatseffekte moet belê.

“’n Afgradering kan ’n uitvloei van beleggingsportefeuljes se geld van tot $10 miljard uit Suid-Afrikaanse staatseffekte veroorsaak.”

Volgens haar besluit Moody’s volgende Vrydag (11 Augustus) oor Suid-Afrika se kredietgradering.

S&P se besluit word op 24 November verwag.

RMB verwag egter nie enige verdere verandering in Suid-Afrika se kredietgradering vanjaar nie.

Dit is omdat geglo word die raamwerk oor die mediumtermynbegroting wat in Oktober uitgereik word, gaan nie enige rede tot kommer toon nie.

“Ons voorspel egter nog ’n afgradering in 2018 in die afwesigheid van wesenlike strukturele hervorming.”

Intussen bly die olieprys klim terwyl die markte die nuus verwerk oor produksie wat verder verlaag kan word.

Die prys van Brent-ruolie het Maandag tot US$52 per vat gestyg – 24% hoër as ’n jaar gelede.

Van Zyl sê die handelsbalans het in Junie ’n sterk oorskot van R10,7 miljard getoon.

Dit het die oorskot vir die tweede kwartaal tot R22,8 miljard laat spring – die grootste in meer as ses jaar.

Die herstel in die invloei van geld uit beleggingsportefeuljes na Suid-Afrika se staatseffekte ondersteun egter die rand.

Buitelandse het die afgelope 17 dae meer staatseffekte gekoop as wat hulle verkoop het.

Michelle Wohlberg, ’n ontleder van RMB, sê die verslag van Moody’s het die kat in die duiwehok losgelaat.

“Moody’s het kommer uitgespreek dat die politieke aksies van onlangs die onafhanklikheid van die Reserwebank bedreig.

“Voeg hierby ’n omgewing waarin internasionale verhoudings reeds gespanne is, en sowel die rand as effekte is verkoop.” - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!