Heroïensmokkelaar verskyn in hof
Augetto Graig – Die skandeerders by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako het Vrydag omstreeks 20:10 beamptes laat weet daar is iets verdag in ’n passasier se bagasie.
Polisiehonde het mnr. Saeed Abdullaha Dludla (20) se bruin tas deursoek en vyf pakke met 4 965 gram heroïen is versteek in sy tas gevind.
Dludla het gister in die Katutura-landdroshof voor landdros David Mukuyu verskyn.
Aanklaer Victoria Thomson het aangedui die staat staan borgtog teen, aangesien Dludla ’n buitelander en ’n vlugrisiko is wat dalk by die ondersoek kan inmeng.
Hy staan tereg op ’n klag van die besit van dwelms. Die heroïen se straatwaarde word op N$2,4 miljoen beraam.
Die saak is tot 12 Mei uitgestel vir verdere ondersoek, asook om Dludla die geleentheid te gee om vir ’n regsverteenwoordiger aansoek te doen.
Vroeër gisteroggend het die bevelvoerder van die Namibiese polisie in die Khomasstreek, komm. Ismael Basson, die bewyse aan plaaslike media uiteengesit.
Hy sê die deurbraak dui op die gevaar van hierdie hoogs verslawende dwelm wat Namibië se skole en strate oorstroom en families verwoes.
“Hierdie goed vernietig mense, en meestal jong mense,” sê hy.
“Ja, hier is ’n mark daarvoor. Ons mense gaan daar deur, maar ons kan nie nou al sê of Namibië die eindbestemming vir hierdie dwelms was nie. Ons moet nog ondersoek of hy nie ’n muil was wat dalk onbewustelik die dwelms gedra het, óf iemand hom hier sou ontmoet het, óf wat hy beplan het nie.
“Hy het egter nie ’n retoerkaartjie gehad nie. Hy was bloot op pad Windhoek toe,” het Basson uitgebrei.
• Basson het ook die nuutste in verband met die Nedbank-rooftog van N$1,3 miljoen op 2 Februarie in die Black Chain-inkoopsentrum in Katutura gedeel.
Hy sê een verdagte is in die Omusatistreek in hegtenis geneem en sal na Windhoek gebring word. Hy het glo reeds goedere met die gesteelde geld gekoop.
Die polisieondersoek duur voort, aangesien die vermoede bestaan dat meer verdagtes by die voorval betrokke was.
Basson sê ondersoekbeamptes is die laaste linie van verdediging teen misdaad, maar dat die Namibiese polisie in samewerking met verskeie belanghebbers ’n verskil in die land kan maak.
“Moet nie vertroue in die polisie verloor nie. Hou aan om in ons te glo,” het hy gesê.
Basson sê Nampol gaan voort met verskeie operasies tussen Windhoek en die internasionale lughawe waar onder meer onwettige vervoer, veediefstal, ongelisensieerde en onpadwaardige voertuie op openbare paaie hokgeslaan word.
Hy waarsku Namibiërs om altyd bewus van hul omgewing te wees, om nie verlate plekke alleen te besoek nie, en om te sorg hulle raak nie slagoffers van misdadigers nie.
“Kom ons maak nie teikens van onsself nie,” het Basson gesê.
– [email protected]
FOTO’s
Die bevelvoerder van die Namibiese polisie in die Khomasstreek, kommissaris Ismael Basson, wys die hoeveelheid heroïen en die betrokke bagasie wat Vrydag op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako gevind is. Foto Augetto Graig
Die heroïen wat Vrydag op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako gevind is, was in hierdie pakke verpak en binne 'n tas weggesteek. Foto Nampol
Bykans 5 kg heroïen is Vrydag op die internasionale lughawe gekonfiskeer. Foto Nampol
Die 20-jarige mnr. Saeed Abdullaha Dludla is met bykans 5 kg heroïen betrap, kort ná sy aankoms uit Suid-Afrika. Foto Nampol

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie