Heropbou ná die droogte
Langtermynstrategieë benodig
Dr. Kobus Laubscher - Baie ontwikkelende lande gaan gebuk onder verskeie vorme van die negatiewe impak van betekenisvolle klimaatsveranderinge die afgelope tyd.
Dit wissel van oorstromings, orkane en die ergste droogtes in menseheugenis.
In die groter konteks is die wêreld ook terselfdertyd besig met voldoening aan die sogenaamde 17 millennium-ontwikkelingsdoelwitte. Leiers en navorsers waarsku reeds dat van die doelwitte nie bereik sal kan word nie omdat daar in die aanloop tot 2050 verskeie onvoorsiene ontwrigtings was.
Die uitdagings bly om ná sulke ontwrigtings ontwikkeling en groei terug op die spoor te kry. Die meeste lande se ontwikkeling is vervolgens verfyn tot die vlak van nasionale ontwikkelingsplanne waarin spesifieke doelwitte gestel word, welke doelwitte die millenniumdoelwitte komplementeer.
‘N BLIK OP NAMIBIË
Namibië werk tans aan die vyfde weergawe van ‘n Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP).
Daar is ook duidelike en betekenisvolle ontwrigtings wat hul tol eis. Die oorhoofse visie bly staan, maar onvoorsiene ontwrigtings soos die huidige droogte verg strategiese ompaaie. Die proses kan en moet nie gestop word nie en moet aangaan.
Die vraag is hoe reageer die verskillende rolspelers op dit wat hulle sien en ervaar. Daar is duidelike tekens van die ekonomiese beserings. Mees onlangs is die swak prestasie van die ekonomie in die tweede kwartaal – die soveelste kwartaal van negatiewe groei. Wanneer die mandjie van bydraes tot groei/agteruitgang egter ontleed word, is die inkrimping van die landbou sover hierdie jaar kommerwekkend, dog te wagte.
Kwartaal op kwartaal was die insinking meer as 30% en byna 30%.
Wat egter belangrik is, is dat dié verswakking nie oornag gebeur het nie. Ontleders dui lankal reeds aan dat die huidige droogte wel nou ‘n tol eis, maar dat die agteruitgang van die landbou oor tyd sigbaar was. Die verdere kwelling is of en hoe herstel moontlik is. Daar gaan nog droogtes wees.
Vrae wat onbeantwoord bly, is hoekom daar nie vroeër ag geslaan is op waarskuwings ten opsigte van ‘n ramp wat wag om te gebeur nie.
LANDBOU SONDER ‘BRANDSTOF’
Landbou se agteruitgang het ‘n geskiedenis, maar vroeë waarskuwings is of gewoon geïgnoreer of nie verstaan nie.
Andersyds en in ‘n ekonomie met beperkte fiskale ruimte, was dit dalk ‘n kwessie van hoop dat landbou self moet of kan sorg, terwyl beleidmakers aandag gegee het aan ander brandende kwessies.
Landbou was dalk verkeerdelik as onafhanklik beskou, maar vir enige voertuig om behoorlik te kan presteer, is onderhoud en brandstof nodig. Dit het ontbreek en nou bevind landbou homself in ‘n situasie van uitgeputte reserwes en sonder geld om brandstof te koop.
Huidige pogings ten opsigte van die heropbou van veral die landbou behoort die volgende toetse se slaag. Daar sal teruggegaan moet word op die spoor van stelselmatige afbou van die vermoë van landbou om die sleuteloorsake te bepaal en aan die hand daarvan regstellende strategieë te ontwikkel.
Die onlangse opskorting van die kleinveebemarkingstelsel is tegnies ‘n noodmaatreël. Dit was onafwendbaar, maar die handhawing daarvan oor tyd het die kleinveebedryf dermate lamgelê dat daar nie nou summier herstel verwag kan word as produksie-omstandighede normaliseer nie.
Die regering het die skema vir ‘n jaar opgeskort, maar die meet van die sukses van dié stap sal onmoontlik wees, behalwe as die verkeerde uitkomste as maatstaf van die sukses al dan nie, gebruik word.
Die beste voorbeeld ter illustrasie is om dit te vergelyk met ‘n beseerde pasiënt.
Die feit dat die pasiënt ná die ongeluk ontslaan kan word, is nie voldoende aanduiding van die herstel nie. Eers wanneer die pasiënt volle kragte herwin het, kan die impak van die ongeluk geëvalueer word. Die kleinveebedryf se heropbou sal eers kan begin as ‘n hele klomp ander faktore in plek kom.
Vir nou beteken die opskorting dat boere met bemarkbare kleinvee toegang kry tot kontantbronne. Dit bring ontsettende verligting wat verder strek as net die plaas betrokke.
Dieselfde benadering behoort te geld ten opsigte van die heropbou van die landbou. Duidelike langtermyn- implementeerbare strategieë is nodig, maar daarbinne is korttermyn- strategiese vlugvoetigheid ewe belangrik. Die fiskale vermoë ontbreek gewoon om ‘n omvattende plan te befonds.
Die regering sal anders moet kyk na vennootskappe met kommersiële landbou om sy, die regering, se beperkte finansies te hefboom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie