Herroep dadelik reisverbod, vra Iata
Regering is versoek om dringend hul Omicron-maatreëls te hersien en mense toe te laat om tussen lande te vlieg.
Ronelle Rademeyer - Die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) het ’n beroep op regerings gedoen om die aanbeveling van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) te volg en die reisverbod wat ingestel is in reaksie op die Omicron-variant van die coronavirus, onmiddellik te herroep.
“’n Voor-die-voet reisverbod sal nie die internasionale verspreiding verhoed nie, en dit plaas ’n swaar las op lewens en lewensbestaan. “Daarbenewens beïnvloed dit wêreldwye gesondheidspogings tydens 'n pandemie nadelig omdat dit lande ontmoedig om epidemiologiese en genetiese volgordedata aan te meld en te deel,” sê Iata.
“Alle lande moet verseker die maatreëls word gereeld hersien en bygewerk wanneer nuwe bewyse beskikbaar word oor die epidemiologiese en kliniese kenmerke van Omicron of enige ander variante van kommer.”
Willie Walsh, Iata se direkteur-generaal, het gister tydens ‘n aanlyn nuuskonferensie gesê ná byna twee jaar van COVID-19 is dit bekend dat reisbeperkings niedie verspreiding daarvan verhoed nie. “Maar die ontdekking van die Omicron-variant het tot onmiddellike geheueverlies by regerings gelei wat instintief geïmplimenteer het wat heeltemal teenstrydig met advies van die WHO, die wêreldkundige, is,” het hy gesê.
Paniekbevange regerings se reaksie het die internasionale lugvervoerbedryf opnuut ‘n gevoelige knou toegedien net toe lugvervoerders se kapasiteitsbeperkinge effe verbeter het om in die vraag na lugvrag te voldoen. Dit het in Oktober ver bo die vlak van Oktober 2019 gestyg.
Die totale vraag na lugreise in Oktober vanjaar (gemeet in inkomste per passasierskilometers, of RPK's) was 49,4% laer vergeleke met Oktober 2019. Dit was in September vanjaar 53,3% laer as wat dit in in die ooreenstemmende tyd in 2019 was, wat dui op aansienlike groei in Oktober vanjaar.
“Oktober se syfers benadruk mense bespreek vlugte indien hulle toegelaat word. Ongelukkig bedreig regerings se reaksie op die Omicron-variant die wêreldwye herstel in lugvervoer wat so lank geneem het om te kom tot waar dit nou is,” sê Walsh.
Die wêreldvraag na lugvrag, gemeet in vragtonkilometers (CTK's), was 9,4% hoër vergeleke met Oktober 2019. Kapasiteitsbeperkings het effens verbeter, maar bly 7,2% onder voor-Covid-19-vlakke (Oktober 2019).
Aangesien vergelykings tussen 2021 en 2020 se maandelikse resultate verwring word deur die buitengewone impak van die pandemie, vergelyk Iata sy syfers met dié van Oktober 2019, wat 'n normale vraagpatroon gevolg het.
Onderbrekings in voorsieningsketting weens die pandemie en die gevolglike afleweringsvertragings, bring mee dat vervaardigers lugvervoer gebruik om op te maak vir die tyd wat tydens die produksieproses verlore gegaan het.
Iata sê ‘n kleinhandelgeleentheid soos Kersfees is positief vir lugvrag aangesien vervaardigers vinnig in die vraag wil voorsien.
Verder is die kostemededingendheid van lugvrag in vergelyking met dié van vraghouerverskeping gunstig.
Iata het gister ’n beroep op regerings gedoen om dringende alle Omicron-maatreëls te heroorweeg. “Die doel is om weg te beweeg van die ongekoördineerde, ongegronde en wetenskap-afwesige gemors waarmee reisigers te kampe het,” het Walsh gesê. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie