Hershey, Ferrero het oog op Nestlu00e9 VSA
Hershey, Ferrero het oog op Nestlu00e9 VSA

Hershey, Ferrero het oog op Nestlé VSA

Die eienaarskap van Nestlé VSA is nou die speelbal waarom twee groot lekkergoed-vervaardigers meeding.
Elvira Wood - Hershey en Ferrero het Vrydag albei hul finale aanbod vir Nestlé VSA se lekkergoedafdeling ingedien, berig CNBC.

Hulle bied glo tussen US$2 miljard en US$2,5 miljard aan vir die afdeling.

Bloomberg het voorheen berig die Switserse maatskappy, wat bekend is as die skepper van melksjokolade, wil dié afdeling verkoop omdat sjokolade-verkope in die VSA onder druk is.

Ander vervaardigers soos Lindt & Sprüngli blameer ook die Amerikaners vir hul laer verkope.

Hershey is ’n Amerikaanse maatskappy en maak onder meer Cadburry-sjokolade in die VSA. Hy bemark ook reeds Nestlé se bekende KitKat in dié land.

Hy het volgens Ibis World ’n markaandeel van sowat 21% in Amerikaanse sjokolade-verkope.

Die Italiaanse Ferrero is weer bekend vir produkte soos Ferrero Rocher, Nutella en Kinder.

Dié groep het eers onlangs die Amerikaanse mark betree toe hy die Ferrara Candy Company in 2017 vir sowat US$1 miljard bekom het.

Bronne sê dit kan nog ’n week of twee wees voordat Nestlé ’n besluit oor die aanbiedinge sal neem.

Nie Ferrero, Hershey of Nestlé wou kommentaar lewer nie, berig CNBC.

Nestlé het volgens Ibis World ’n 11%-markaandeel in die VSA met jaarlikse sjokolade-verkope van sowat US$924 miljoen.

Nestlé het voorheen gesê hy is besig om hom te omskep in ’n gesondheids- en voedingsmaatskappy eerder as ’n lekkergoedmaatskappy.

Nestlé het bevestig dat dié transaksie net vir sy bedrywighede in die VSA geld.

Dit sal geen ander markte, waaronder Suid-Afrika en Namibië, raak nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!