Hersiening van Namibiu00eb se menseregterekords
Hersiening van Namibiu00eb se menseregterekords

Hersiening van Namibië se menseregterekords

Die suksesvolle implementering van aanbevelings wat by vorige hersienings gemaak is, word by ’n periodieke hersiening van al 193 VN-lidlande se menseregterekords uiteengesit.
Yandi Du Plessis
Namibië se menseregterekord gaan vir die derde keer deur die Algemene Periodieke Hersiening (UPR) van die Verenigde Nasies (VN) se menseregteraad onder die loep geneem word tydens ’n regstreekse aanlyn vergadering wat Maandag plaasvind.

Die Namibiese afvaardiging sal deur die minister van justisie, me. Yvonne Dausab, gelei word.

Namibië is een van die 14 lande waarop die UPR-werkgroep tydens die komende sitting sal fokus wat van 3 tot 14 Mei duur. Namibië se eerste en tweede UPR-hersienings het onderskeidelik in Januarie 2011 en Januarie 2016 plaasgevind.

Die UPR se 38ste sessie sou oorspronklik in Januarie 2021 plaasvind, maar moes weens Covid-19-regulasies uitgestel word.

Die dokumente waarop die hersienings gebaseer word, is:

1) Die nasionale verslag - inligting wat deur die regering onder oorsig verskaf word.

2) Inligting vervat in die verslae van onafhanklike menseregtedeskundiges en -groepe, bekend as die Spesiale Prosedures, verdragliggame vir menseregte en ander VN-entiteite.

3) Inligting verskaf deur ander belanghebbendes, insluitend nasionale instellings vir menseregte, streekorganisasies en burgerlike samelewingsgroepe.

Die vergadering sal by die Palais des Nations in Genève gehou word deur persoonlike en afstandsdeelname.

Die UPR is 'n unieke proses wat 'n periodieke hersiening van die menseregterekords van al 193 VN-lande behels. Sedert die eerste vergadering in April 2008 is al 193 VN-lidlande twee keer in die eerste en tweede UPR-siklusse hersien. Tydens die derde UPR-siklus word daar van die betrokke lande verwag om ’n gedetailleerde beskrywing te gee van die stappe wat hulle geneem het om aanbevelings – wat by vorige hersienings gemaak is – te implementeer, asook om onlangse menseregte-ontwikkelings in die land uit te lig.

Die drie verteenwoordigers wat as rapporteurs (troika) vir die hersiening van Namibië sal dien, is Fidji, Soedan en Venezuela.

Die UPR-werkgroep beplan om die aanbevelings wat aan Namibië gemaak is, op 7 Mei om 15:00 aan te neem.

Die uitsending sal by http://webtv.un.org beskikbaar wees.

FOTO
Die Namibiese afvaardiging sal deur die minister van justisie, me. Yvonne Dauseb, gelei word. Foto Argief

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!