Hersiening van tenderprosedures
Hersiening van tenderprosedures

Hersiening van tenderprosedures

Dani Booysen
Een van die belangrikste prioriteite wat die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, tydens die hersiening van die begroting aangekondig het, is die noodsaak om nuwe tenderprosedures dringend te hersien.

Hy gaan ‘n spesiale span met die taak belas. Hul werk moet vinnig vrugte afwerp.

Almal was vooraf bewus die beleërde Schlettwein het bitter min beweegruimte. Tog het die lae kapitale bestedingskoers (net 27%) en die hertoedeling van N$1,8 miljard se ontwikkelingskapitaal om bedryfsuitgawes te dek kritiek uitgelok.

Schlettwein se oop gesprek Donderdagoggend met rolspelers tydens PricewaterhouseCoopers, Standard Bank en Liberty se begrotingsgeleentheid was bewonderenswaardig. Almal kan gerus na die hele praatjie luister.

Steeds beperkte bevoegdhede wat tenderprosesse in die wiele ry en die uitskakeling van rompslomp in die nuwe verkrygingsbestel is van kardinale belang.

Die debat oor tekortkominge moet heeltemal deursigtig wees en wye deelname toelaat. Dit kan nie agter toe deure geskied nie.

Een kwessie waaroor niemand byvoorbeeld boe of ba wil sê nie, is die mate waarin beperkte vereistes vir vennootskappe met plaaslike sakelui lei tot vensterversiering deur groot, internasionale maatskappye met wie min of geen belanghebbendes in prys kan meeding nie.

Versnelde kapitale besteding is noodsaaklik om groei te stimuleer. En ontwikkeling moet die op eie bodem bevoordeel eerder as dat nog geld uit die land vloei.



So sê ander

28 Oktober 2018

Donald Trump’s vile rhetoric and the US pipe bombs

Donald Trump’s inadequate and self-referential response to last week’s spate of attempted pipe bomb attacks was, sadly, what we have come to expect from this most un-presidential of American presidents.

Trump does not understand he is president of all Americans.

Each target of the pipe bomb packages had been singled out personally for criticism by Trump.

All this venom, coming from the top, encourages and normalises division, distrust and outright hatred. Yet both Trump and Republican leaders refuse to acknowledge any link between his uncontrolled, inflammatory rhetoric and last week’s bombs.

The failure of unthinkingly partisan congressional Republicans to limit the president’s excesses and moderate his behaviour is an alarming aspect of the Trump era.

For the GOP, it’s all about power, not principle. Abraham Lincoln, where are you now?

• THE OBSERVER

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!