Herverkiesings in Suide u2019n sukses
Herverkiesings in Suide u2019n sukses

Herverkiesings in Suide ’n sukses

Elizabeth Joseph
Elizabeth Joseph – Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het die setels bevestig van die kandidate wat Vrydag in die herverkiesings in die plaaslike owerhede van Koës, Stampriet en Aroab en Mariental se landelike kiesafdeling deelgeneem het.

Die herverkiesing wat deur die land se verkiesingshof gelas is, het by vier stempunte op Koës en Aroab plaasgevind wat om 07:00 geopen en om 21:00 gesluit het.

Landless People's Movement (LPM) se me. Densia Swartbooi is as die wenner vir die Mariental landelike kiesafdeling aangewys.

Swartbooi het met ’n totaal van 1 099 stemme gewen teen Swapo se mnr. Simon Kooper wat 854 stemme verwerf het. Popular Democratic Movement (PDM) se mnr. Stephanus Bloodstaan het 97 stemme gekry en ’n onafhanklike kandidaat, mnr. Desmond Tjipanga, 46 stemme.

In die Koës plaaslike owerheid het LPM drie setels met 376 stemme vewerf, terwyl Swapo twee setels met 274 stemme byvoeg.

In Stampriet se plaaslike owerheid het die LPM ook drie setels met 353 stemme verwerf, gevolg deur Swapo se twee setels met 272 stemme.

In Aroab se plaaslike owerheid lei die LPM met twee setels met 293 stemme. Swapo het twee setels met 236 stemme, gevolg deur PDM se een setel met 132 stemme.

Die herverkiesing volg ná ongerymdhede met stembriewe tydens die streeksverkiesings in November 2020.

Volgens Swapo se streekskoördineerder, mnr. Mathew Mumbala, was die verkiesing regverdig en die tyd vir werk het begin.

“Ek is tevrede met die uitslae,” het hy gesê.

Mnr. Andrew De Juy (LPM) het gesê hoewel die party nie soveel stemme soos verwag gekry het nie, het hulle steeds verandering gebring soos belowe.

“Die LPM is ’n jong party, maar ons het redelik goed in die verkiesing gevaar. Die belangrikste is dat ons verandering tot voordeel van die mense sal bring,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer