Hervorming herdenk met massabyeenkoms

Die Lutherse Wêreldfederasie (LWF) en gelowiges van dwars­oor die wêreld het Sondag by die Sam Nujoma-stadion byeengekom.
Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee



Berta Gereses is in die Lutherse kerk gebore, gedoop en getroud.

Sy was beïndruk met die feit dat dié betekenisvolle byeenkoms in Dolam, Katutura, plaasgevind het.

“Dit is vir my so besonders dat die wêreldbyeenkoms hier in Namibië gehou word en ek het gevoel ek moet saam met my medegelowiges kom fees vier,” het sy gesê.

Internasionale gaste en sprekers het Namibië se gasvryheid ten volle geniet.

Hoewel die kerk se beginsels honderde jare oud is, is daar gefokus op vordering en aanpassing by 'n moderne wêreld tydens die gesprek by vanjaar se wêreldbyeenkoms.

Biskop Zephania Kameeta het duidelik self ook moderne tegnologie omarm. Hy het sy toespraak met behulp van sy tablet gedoen. In die toespraak het hy hom teen ­rassisme, stamtwis, korrupsie en oor die kommerwekkende staat van wêreld­politiek uitgespreek.

Liefde en respek was tasbaar tydens die byeenkoms en selfs die ­skroeiende son kon gelowiges nie afskrik nie.

Die president van die LWF, biskop dr. Munib Younan, en sy adjunk, eerwaarde Martin Junge, het die uitvoerings van plaaslike lofpryssangers terdeë geniet.

Die skare het saam nagmaal gebruik. Om en by 50 pastore het hulle vir meer as 20 minute bedien.

'n Koor van plaaslike en internasionale sangers, musikante, asook 'n jeugkoor het bygedra tot die feestelikhede van die dag.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!