Herwinning voorop by Ekspo
Een van die nuwighede by die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) wat vandag in die hoofstad afskop en môre sy hekke vir die publiek open, is beeldhouwerke van koerantpapier waarop besoekers kan bie. Die unieke kunswerke is deur studente van die College of the Arts (Cota) gemaak en die 12 beste werke word tydens 'n stilveiling van die hand gesit. Lees môre in Market Watch hoe om 'n bod te maak. Van vandag tot Vrydag kan lesers in dié sakepublikasie in Republikein die gebeure by die ekspo in woord en beeld volg. Op die foto is mnr. Ismael Shivute en me. Nicky Marais van Cota, asook mnr. Alexander Fase, produksiedirekteur by Namibia Media Holdings. Die konsep is deur hom ontwikkel om herwinning as tema van vanjaar se ekspo te beklemtoon. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie