Het jy wieletjies onder jou voete?
Nou die dag stuur iemand vir my 'n boodskap op WhatsApp wat lui, “I told my suitcases that there will be no vacation this year. Now I'm dealing with emotional baggage”.
Ek het lekker gelag, maar eintlik is dit tragies; nie net vir die toerismebedryf nie, maar ook vir die gebore reisiger. My pa het altyd gesê my middelste suster is met wieletjies onder haar voete gebore. Sy en haar man is nou gebore reisigers. Elke sent word gespaar en elke oomblik wat hulle het, verken hulle of 'n ou kasteel of ry sommer net rond.
Dit help as jy in Engeland bly en 'n Britse paspoort het. Dan is die wêreld so groot soos wat jy dit wil maak. Ek het ook al bietjie gereis, maar daar is nog baie plekke wat ek sou wou sien.
Terwyl ek toentertyd in Londen, Engeland, gewerk het, het my ma en pa vir my kom kuier. Ons het saam met 'n toergroep na Europa gegaan en plekke soos Amsterdam, Frankfurt, Bern, Venesië, München en Keulen gesien.
Dit was 'n wonderlike ondervinding. Daar was 'n groep vroue saam in die toergroep. Dit was die dogters en hul ma. Ek het dié tannie so jammer gekry, want sy was nie so mobiel soos al die ander mense nie. Sy het gesukkel om by al die besienswaardighede uit te kom. En in Europa en Engeland hou hulle van trappe. Sommer baie trappe! Ek het myself daardie tyd belowe ek gaan die wêreld verken voor ek té oud is om dit te geniet. Ek wil nie sukkel om trappe te klim en net behoorlik te loop nie.
Ek weet die meeste van ons kan eers rêrig begin reis wanneer ons aftree, dit wil sê as die spaargeld genoeg is. Ek weet dinge werk ook nie altyd uit soos beplan nie, maar ek gaan my bes doen om nog 'n deeltjie van die wêreld te sien voor ek aftree.
Ek weet geld bly altyd 'n faktor, maar ek dink vir 'n mens se geestesgesondheid moet jy soms 'n plan maak om net uit die huis te kom. Op die oomblik het ons 'n gulde geleentheid om Namibië te ontdek en al sy unieke en wonderlike lodges te besoek. Daar is so veel plekke in Namibië om te besoek en dinge om te doen.
Die Etosha Nasionale Park, die Visrivier-canyon en Ai-Ais, Kaokoland met sy Van Zylspas, Omaruru, Lüderitz met sy Bogenfels, Kolmanskop en woestynperde, Twyfelfontein, Namib-Naukluftpark, Duwisib-kasteel, Ruacana- en Epupawaterval, Sossusvlei, die kokerboomwoud naby Keetmanshoop, Waterberg-platopark, Kaap Kruis en die Skedelkus. Daar is te veel plekke om op te noem.
Ons moet nou die geleentheid aangryp en ons land en sy toerismebedryf ondersteun. Ek weet dit is soms net 'n druppel in die emmer, maar ten minste probeer ons ons land se ekonomie aan die gang hou en terselfdertyd geniet ons onsself.
In dieselfde asem sal ek nou ook enigiets gee om net in 'n vliegtuig te klim en vir my suster in Suid-Afrika en die een in Engeland te gaan kuier.
Hopelik in die nabye toekoms sal ons weer kan begin reis en nuwe plekke ontdek, maar belangriker nog, dat ons weer ons “verlore” familie en vriende, wat oor die wêreld versprei is, kan sien. Tot dan sal ek maar met telefoon- en video-oproepe tevrede moet wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie