Wyle HH - 'n bewese politikus
Estelle de Bruyn - Die veteraanpolitikus en grondwetskrywer, mnr. Hidipo Hamutenya, is oorlede.
Hamutenya se gesondheid was die afgelope jare nie goed nie en hy is onlangs in Ongwediva gehospitaliseer nadat hy by ‘n troue in die noorde ineengestort het. Hy is later na Windhoek vir behandeling oorgeplaas.
Hamutenya is op 17 Junie 1939 op Odibo in die Ohangwena-streek gebore. Sy pa, mnr. Aaron Hamutenya, was ‘n stigterslid van Swapo.
Hamutenya het tussen 1959 en 1961 aan die Augustineum Kollege in Okahandja studeer voordat hy in ballingskap gegaan het. Hy het joernalistiek aan die Sofia Universiteit in Bulgarye studeer voordat hy na Amerika verhuis het waar hy ‘n BA-graad in politieke wetenskap en geskiedenis aan die Lincoln Universiteit in Pennsylvania en ‘n nagraadse diploma in ontwikkelingstudies aan Syracuse Universiteit in 1969 behaal. In 1971 behaal hy ‘n meestersgraad aan McGill Universiteit in Montreal, Kanada.
Met sy terugkeer na Namibië in 1989 was hy een van die vurigste kampvegters vir Swapo en is as lid van die grondwetskrywende vergadering verkies. Hy was ook een van die lede van die grondwetskrywende komitee wat Namibië se grondwet onder voorsitterskap van pres. Hage Geingob geskryf het.
In 1990 is hy aangewys as die eerste minister van inligting en uitsaaiwese. Tot 2004 het hy verskeie kabinetsportefeuljes, waaronder handel en nywerheid en buitelandse sake, beklee.
In 2004, ná ‘n onsuksesvolle veldtog om die Swapo-presidentskap en nadat hy deur oudpres. Sam Nujoma afgedank is as minister, het hy uit Swapo bedank en in 2007 die Rally for Democracy and Progress (RDP) gestig, wat in die daaropvolgende verkiesing die amptelike opposisie geword het. Hy het as leier van die amptelike opposisie na die Nasionale Vergadering teruggekeer.
Hamutenya het op 28 Februarie 2015 die tuig as president van die RDP neergelê en op 28 Augustus 2015 weer by Swapo aangesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie