Hidrou00eblektrisiteit onder die loep
Hidrou00eblektrisiteit onder die loep

Hidroëlektrisiteit onder die loep

Hoëvlak- internasionale afgevaardigdes sal waterkwessies en hidrokragontwikkeling in Afrika binnekort in Windhoek bespreek.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Internasionale afgevaardigdes van oraloor die wêreld sal van 2 tot 4 April in Windhoek bymekaarkom om waterbronne en die ontwikkeling van hidroëlektrisiteit te bespreek.

Beamptes van die ministeries van landbou, water en bosbou en myne en energie, asook NamWater en NamPower sal aan die konferensie, getiteld Africa 2019 - Water Storage and Hydropower Development for Africa, deelneem.

Dit sal by die Safari Hotel en Konferensiesentrum plaasvind.

Die drie dae lange besprekings sal deur opleidingslypskole en seminare voorafgegaan word.

Dit is die ideale geleentheid vir Namibiese en kundiges op die vasteland op die gebied van hidrokrag- en waterbronne-ontwikkeling om skouers met internasionale afgevaardigdes te skuur.

Die konferensie word deur Aqua~Media International, die publiseerder van die International Journal on Hydropower & Dams, georganiseer, wat lesers in 180 lande wêreldwyd het.

Die konferensie word in vennootskap met die Internasionale Kommissie van Groot Damme aangebied met die ondersteuning van onder meer die Afrika-unie (AU), die Wêreldbank en die Afrika-ontwikkelingsbank.

Namibië sal die Suider-Afrikaanse streek se deelname fasiliteer.

Na verwagting sal sowat 650 internasionale afgevaardigdes van sowat 50 lande die konferensie bywoon.

Kundiges sal op kwessies van toepassing op Afrika fokus, soos tegniese, finansiële, maatskaplike en omgewingskwessies.

Onderwerpe soos klimaatsverandering, dam- en kragaanlegveiligheid, projekfinansiering, navorsing en ontwikkeling en onderhoud sal hoog op die agenda wees.

Ná die konferensie sal afgevaardigdes die geleentheid kry om 'n toer na die Naute-, Oanab-, Neckartal- en Hardapdam te onderneem.

'n Studietoer na die Ruacana-projek en die Etosha Nasionale Park sal ook aangebied word.



'n Groot internasionale tegniese uitstalling, met ten minste 80 stalletjies en maatskappye van 40 lande, sal saam met die konferensie aangebied word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!