Hier en elders te lande
ERNST HASHAGEN SKRYF
In die laaste weke het baie gebeur wat ’n mens tot nadenke dwing.
Bob en Amazing Grace het nou ’n rustige lewe. Hulle het die land verniel. Ten spyte daarvan word hulle nog met miljoene beloon en kan maar net met hulle uitspattige lewe aangaan.
Of Mugabe se opvolgers weer die pragtige land op koers sal kry, is ’n ope vraag – hulle het self nie ’n onberispelike loopbaan agter die rug nie. Die nuwe belangrike ministers in Mnangagwa se parlement kom uit sy vriendekring in die weermag. Of dit goed is vir ’n nuwe Zimbawe, moet bevraagteken word.
Ons moet weet wat in ons buurlande aangaan, want dit sal ons altyd beïnvloed.
Die Swapo-kongres is iets van die verlede. Die modernste en duurste motors het die kongresgangers gebring. Dit het gelyk soos ’n advertensieveldtog vir BMW en Mercedes. Die baie groen nommerplate is ’n bewys dat die belastingbetaler ook maar moes opdok.
Uitgevat in die duurste uitrustings het die afgevaardiges, 776 van hulle, kom gesig wys. Tussen in is lekker geëet en gedrink en dit was beslis nie pap en wors nie. Aan die einde het alles so verloop soos ons gedink het. Hulle het hulleself geëvaluer en het alles wat hulle gedoen het met onderskeiding geslaag?
Ons lewe in ’n paradys, geskep deur Swapo – ons moet dit net nog vind!
Sien ons leiers wat werklik in die land aangaan?
Hoeveel mense in haglike omstandighede lewe? Op feitlik elke straathoek in Windhoek sien ’n mens jong mense wat werk soek. Voor Megabuild sit bouers wat hulle dienste aanbied. Hulle hoop om vir hulle familie ten minste een redelike maaltyd per dag te kan gee.
Ignatius Swart, Ashanti Vries en baie ander bly in ’n waterpyp! Behuising is vir baie Namibiërs net ’n droom, maar daar word maklik 40 miljoen vir die opknapping van staatshuis uitgegee.
Onderwys en opleiding laat veel te wense oor. Net een voorbeeld: mnr. Nikolas Sinonge, ’n onderwyser by die Munganya-skool in die Zambezistreek onderrig sy leerlinge onder ’n boom. As die boom sy blare verloor, soek hy maar ’n ander boom, wat ’n bietjie meer skaduwee gee. Sy swartbord word aan die boom vasgemaak, en daar kan weer met die onderrig aangegaan word.
Hierdie man is ’n held, maar niemand sien dit raak nie. Maak hom minister van onderwys. Hy sal beslis nie net in die land rondry en vir die leerders en onderwysers vertel dat hulle moet harder werk, en dan vergeet dat ’n minister ’n groot verantwoordelikheid het en dus self moet harder werk.
Die onmenslike toestande in die staatshospitale word geïgnoreer. Ons leiers is nie eintlik bekommerd nie. Hulle maak gebruik van private skole en hospitale, en wil nie die werklikheid sien nie.
Die verskoning vir hierdie omstandighede: daar is nie geld nie. Hoekom is dan daar genoeg geld vir onnodige uitgawes?
Ná 27 jaar moet ons van die term "voormalige benadeeldes" ontslae raak en van "huidiglike benadeeldes" praat, want dit is veral die jeug wat geraak word.
Gorbatsjof, wat deur sy politieke denke en optrede as staatsman bygedra het tot die beëindiging van die Koue Oorlog en bevryding van sy volk, het by geleentheid gesê: "As jy iets, wat jy moet sien, nie wil sien nie, is dit erger as om blind te wees."
Ons moet maar net hoop dat ons leiers daarvan gaan afsien om siende blind en horende doof te wees. Hulle moet ophou om net politieke punte bymekaar te maak; beloftes te maak wat nie nagekom word nie. Hulle sorg eers vir hulself en verder geniet hulle maar die wonderlike salarisse en ander byvoordele.
Goeie leiers sal die werklikheid raaksien en van die talle moontlikhede wat bestaan, gebruik maak om aan alle mense in ons pragtige land ’n menswaardige lewe te gun.
Ons moet nie te pessimisties raak nie. Lees The President's Keepers - daar vir ons alle redes om ook die positiewe in ons land raak te sien.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie