Hier is die duurste stede in die wu00eareld
Hier is die duurste stede in die wu00eareld

Hier is die duurste stede in die wêreld

Windhoekers wat mor oor hoe duur dit is om in die Namibiese hoofstad te woon, moet twee keer dink.
Dit mag dalk idillies klink om in ’n stad soos Singapoer, Parys of Zürich te woon, maar dink weer voordat jy jou tasse pak.

Dit is luidens die Economist se intelligensie-eenheid die duurste stede ter wêreld om in te woon.

Die tydskrif het dié week sy verslag oor wêreldwye lewenskoste gepubliseer.

Stede in die Stille Oseaan en Europa bly van die duurste in die wêreld om in te woon.

Dit is egter opmerklik dat stede soos Tokio en Osaka in Japan nie meer van die tien duurste stede in die wêreld is nie. Dit is glo weens laer inflasie in dié land.

Tokio was nog in 2013 die duurste stad in die wêreld om in te bly.

Dit het egter nou, vyf jaar later, sewe plekke tot 11de duurste in die wêreld gedaal.

Hongkong wat in 2017 die tweede duurste stad was om in te bly, het nou tot vierde duurste gedaal.

Sydney in Australië het egter vier plekke gestyg om nou ook een van die tien duurste stede te wees om in te woon.

Die Economist stel die peiling saam deur die dollarprys van 160 produkte in die stede in 133 lande te vergelyk.

Die peiling word gedoen om maatskappye te help om vas te stel wat dit hulle gaan kos sou hulle hul werknemers na dié lande stuur.

“Een van die belangrikste redes hoekom daar veranderinge in die ranglys is, is weens veranderende wisselkoerse,” sê die Economist.

Met dié dat die dollar die afgelope jaar teen baie ander geldeenhede verswak het, beteken dit daar is nie ’n enkele Amerikaanse stad in die toptien nie.

New York is nou 13de op die ranglys en Los Angeles is 14de. Hulle was verlede jaar onderskeidelik negende en 11de.

Parys, die tweede duurste stad in die wêreld om in te woon, is die enigste stad in die toptien waar die euro as geldeenheid gebruik word.

Die verslag lui dat Parys “uiters duur is om in te woon, met slegs alkohol, vervoer en tabak wat waarde vir geld bied in vergelyking met ander Europese stede”.

Tel Aviv in Israel is die enigste stad in die Midde-Ooste wat hom in die toptien bevind.

Luidens die verslag kos vervoer 79% meer in dié stad as wat dit in New York kos.

’n Brood in Singapoer kos ongeveer US$3,71, maar in Parys kos dit US$6,33.

Parys is egter ’n aansienlik beter plek om ’n bottel wyn, wat gemiddeld US$11,90 kos, te koop as om een in Tel Aviv te koop. Daar gaan hy jou US$28,77 uit die sak jaag.

Twee Suid-Afrikaanse stede staan uit in die verslag met dié dat hulle sewe plekke op die ranglys geklim het. Pretoria is nou 55ste en Johannesburg is 58ste.

Die Economist verskaf nie die volledige verslag met die volledige ranglys aan die media nie. Stede soos Kaapstad word nie in die oorsig genoem nie. – Netwerk24/Bloomberg, verwerk

KASSIE

Die tien duurste stede om in te woon

1. Singapoer

2. Parys

3. Zürich

4. Hongkong

5. Oslo

6. Genève

7. Seoel

8. Kopenhagen

9. Tel Aviv

10. Sydney

* Bron: Economist

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!