Hierdie plan mu00f3u00e9t slaag
Hierdie plan mu00f3u00e9t slaag

Hierdie plan móét slaag

Dani Booysen
Vir jare reeds probeer Namibië onsuksesvol ‘n groeiende slagting op nasionale paaie in die kiem smoor.

Die pandemie het lankal krisisafmetings aangeneem. Nie eers onlangs nie.

Lewensverlies onder toeriste en massasterftes in enkele motorongelukke is nie nuwe tendense nie. Sulke botsings haal egter makliker die nuus; vandaar verskerpte pleidooie dat die land se reputasie in gedrang is.

Die toets vir die jongste padveiligheidsindaba in Windhoek sal wees of dit die verskil kan maak waarmee herhaalde vorige konferensies misluk het.

Die stigting van ‘n enkele padveiligheidsagentskap is ‘n goeie idee. Toutrekkery tussen betrokkenes benadeel suksesvolle ingryping. Die rapportering van hierdie agentskap aan die eerste minister se kantoor weerspieël die erns waarmee die voortgesette padslagting benader moet word en sal hopelik verantwoording en doeltreffendheid bevorder.

Hoewel net vier persent van bestuurders betrokke in motorongelukke vanaf 2011 tot 2013 vir die gebruik van alkohol getoets was, was byna 95% onder die invloed. Dit dui op ‘n deurslaggewende faktor wat beter beveg moet word.

Die afgelope jare word oënskynlik meer sulke toetse gedoen. Tydige en betroubare data, het Republikein al by herhaling gesê, is ‘n onontbeerlike wapen in hierdie stryd.

Die voorstel van ‘n enkele, nasionale databasis waarin alle inligting en statistiek vervat word, is ‘n gesonde konsep.

Die twee lewens wat gemiddeld daagliks op ons paaie gelaat word, moet verminder as bewys van enige sinvolle teenstrategie.

So sê ander

3 Oktober 2017

Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Dié naweek se gebeure in Spanje en Katalonië is ’n handboekvoorbeeld van hoe die politiek nié bedryf moet word nie.

Die politiek is die kuns van die moontlike, het die Duitse staatsman Otto von Bismarck gesê, nie om soos ’n stoomroller oor jou opponente te probeer loop nie.

Suid-Afrikaanse politici kan die gebeure in Spanje gerus nougeset volg en daaruit leer.

Albei kante – die Spaanse federale en die Katalaanse streekregering – het foute gemaak. Albei wou ’n totale oorwinning behaal, terwyl demokratiese politiek meestal ’n kompromis vereis, ’n resultaat waarmee almal min of meer kan saamleef.

En dít vereis koelkoppe en onderhandeling, nie die bult van spiere om jou gespreksgenote voor ’n voldonge feit te stel nie.

Politiek is onderhandeling, nie dwang nie.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!