Hier's Marelize!
Hier's Marelize!

Hier's Marelize!

Henriette Lamprecht
Dis moeilike tye en almal het ’n lag nodig. Dis die rede hoekom sy haar ma se video gedeel het waarin sy en haar fiets nader kennis maak met ’n rugbypaal!
So sê die borrelende 19-jarige Marelize Horn van Windhoek wat oornag ’n sensasie op sosiale media met die video veroorsaak het.
Dit is vreeslik hoe die mense haar bel, vertel sy, “ek sukkel om by te hou!”
“Ek hou nie meer kop nie. Daar is onderhoude met radiostasies en my ma Heidi wat nou in Johannesburg is, het laat weet sy drink saam met ’n Sondagkoerant koffie!”
Marelize erken sy kan nie fiets ry nie en het besluit 19 is ’n goeie ouderdom om te begin.
“Ek het op die gras geoefen met die idee dat as ek val, ek ten minste nie seer val nie. Dis ook 'n geleende fiets.” En die rugbypaal?
“Ek wou eintlik regs om die rugbypale ry. Toe gaan my ‘bike’ links en ek is binne die paal vas. Die harde slag was nie van die ‘bike’ nie, maar ek wat die pale tref. Dit was die snaaksste ding wat nog ooit met my gebeur het!”
Volgens Marelize het ma Heidi ná die botsing “op haar tyd en met trane in haar oë van die lag” na haar toe gestap. Haar eerste woorde aan haar dogter: “Is die ‘bike ok’?”
Volgens Marelize was sy die volgende dag gekneus en vol blou kolle.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!