Hiert, jou lekker elektriese ding!
Gerine Hoff – Ek het oor die naweek die kans gekry om ’n Nissan Leaf te toetsbestuur.
Vir dié wat nie weet nie, is die Leaf ’n elektriese voertuig (EV’s); dit gebruik glad nie brandstof nie en het dus ook geen uitlaatgasse nie – altyd ’n pluspunt in my boekie!
Maar, aan die ander kant, word dit herlaai met huishoudelike krag en as jy nie sonpanele by jou huis het nie, gaan jou kragrekening beslis hoër wees. En krag word gewoonlik met steenkool opgewek, wat om die beurt weer ’n redelike footprint agterlaat.
Die model waarmee ons rondgerits het was wel nie die nuutste op die mark nie, maar sy vierjarige ouderdom het glad nie teen hom getel nie. Die karretjie is binne baie ruim, het ’n goeie lugverkoeler (ja, daar was die naweek geen teken van winter in Windhoek nie) en het sommer lekker woema (ons kon Gamsastraat se hoogtes maklik aandurf).
Wat teen hom tel, is dat hy minder as 80 km op ’n volgelaaide battery kan ry. Vir ons reuse-afstande tussen dorpe in Namibië, gaan die Leaf dit letterlik en figuurlik nie buite die stad kan maak nie.
Dan is daar natuurlik die battery se lewensduur, hoewel meeste verbruikersverslae meen die battery kan tot 17 jaar of amper 20 000 km hou.
Behalwe dat dit geen brandstof gebruik nie, het EV’s nie olie nodig nie. So ook nie allerlei instandhouding nie. Meeste kenners sê ook die brieke op EV’s hou gewoonlik langer. En nee, dis nie omdat die karretjie stadiger ry en minder hoef te briek nie – hy kan gemaklik sy 120 km/uur op ’n hoofweg haal.
Dit is nogal ’n jammerte elektriese karre is nog nie so gewild hier nie, want elders in die wêreld is dit nie die geval nie. Volgens Wikipedia was daar teen Desember verlede jaar meer as 4,8 miljoen elektriese passasiersmotors op die wêreld se paaie (ongeveer een uit elke 250 of 0,40%), waarvan meer as die helfte in China is
Geen wonder dan dat meeste groot motorhandelaars hard daaraan werk om EV’s te vervaardig nie. Volkswagen maak die ID.3 en Porsche die Taycan. Dan is daar Mini se Electric en Audi se e-tron. Die bekendste is die topverkoper Tesla, maar hy kom teen ’n prys. Hy kan wel tot 500 km met een lading kafdraf.
Almal kan natuurlik nie ’n Tesla bekostig nie. En koste is juis nog ’n probleem; elektriese karre is nog redelik duur, al kan jy meer as die helfde van jou brandstofkostes bespaar.
Dan is daar ook die sielkundige vrees dat jy sonder krag sal gaan staan. Meeste van ons is daaraan gewoond om binne 5 minute jou kar met petrol of diesel vol te tap. Elektriese karre vat heelwat langer en jy is mos nie altyd naby ’n kragprop nie.
Behalwe al die inligting oor EV’s, was die interessantste vir my dat elektriese motors eintlik al amper twee honderd jaar gelede vir die eerste keer ontwikkel is. Blykbaar het die Hongaar Ányos Jedlik al in 1828 ’n vroeë soort elektriese enjin vir sy nuwe kar ontwikkel.
Tog meen kenners ’n toekoms vol EV’s is nog ver weg. Dis nogal jammer, want wie wil nou nie ’n beter toekoms vir ons en die wêreld skep nie?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie