Hillary Clinton-nuus gee markte bewerasie
Hillary Clinton-nuus gee markte bewerasie

Hillary Clinton-nuus gee markte bewerasie

Credit Suisse sê die mark vrees die nuwe ondersoek gaan die Amerikaanse presidents- ­verkiesing swaai.
Jo-Mare Duddy Booysen
Die markte in Asië het gisteroggend ''n wankelrige begin gehad ná die nuus dat die FBI ''n lasbrief gekry het om nuwe e-posse van die Demokratiese party se presidentskandidaat, Hillary Clinton, te ondersoek.

Dit is ''n week voor die Amerikaanse verkiesing.

Die FBI se ondersoekspan het ''n lasbrief gekry om die nuwe e-posse wat op haar private rekenaarstelsel gevind is, te ondersoek.

Die FBI se direkteur, James Comey, is deur ''n bekende Demokraat daarvan beskuldig dat hy die wet oortree deur te probeer om die verkiesing te beïnvloed.

Dit volg nadat Clinton ''n voorsprong op haar onvoorspelbare Republikeinse mededinger, Donald Trump, in peilings getoon het, hoewel dit begin krimp het voor die omstredenheid oor die e-posse bekend geword het.

Credit Suisse se beleggingstrateeg Jack Siu en ekonoom Damian Künzi het in ''n nuusbrief gisteroggend gesê die week begin met politieke onsekerheid.

Vrydag het die groot Amerikaanse aandele-indekse effens laer gesluit ná die bekendmaking dat die FBI die ondersoek na Clinton se gebruik van ongemagtigde e-posse heropen het.

Die FBI het aan die Amerikaanse kongres gesê hy het nuwe e-posse ontdek in ''n onverwante saak wat lyk of dit betrekking het op die ondersoek oor of Clinton geklassifiseerde inligting verkeerd hanteer het.

Credit Suisse sê die mark vrees die nuwe ondersoek gaan die Amerikaanse presidentsverkiesing swaai.

Opbrengste op Amerikaanse staatseffekte het laer gesluit ten spyte van beter as verwagte syfers oor Amerika se BBP vir die derde kwartaal wat Vrydag uitgereik is.



trump

Markontleders glo beleggers gaan nie daarvan hou as Trump wen nie.

“Daar bestaan geen twyfel dat ''n Trump-oorwinning ''n verkoop van aandele op die huidige vlakke gaan veroorsaak nie,” sê Rick Spooner, hoofmark­ontleder van CMC Markets in Australië.

Hy sê dit maak handelaars senuagtig omdat die week met Clinton se e-pos-probleme begin.

Die MSCI se breë indeks van aandele in Asië en die Stille Oseaan-gebied (Japan uitgesluit) het tot sy laagste vlak in ses weke gedaal, berig Reuters. Die indeks gaan moontlik die maand 1,6% laer eindig.

Die Amerikaanse dollar het gister met 0,1% teen die jen versterk en is tot dusver die maand 3,5% sterker teenoor dié geldeenheid.

Vrydag het die dollar sy hoogste vlak in drie maande bereik nadat die BBP-syfers uitgereik is.

Dit het die dag 0,4% swakker geëindig ná die Clinton-nuus.

Credit Suisse sê die fokus gaan vandeesweek op vandag en môre se vergadering van die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) wees en beleggers gaan wil leiding kry oor wat met rentekoerse in Amerika gaan gebeur.

Daar is ''n 69%-waarskynlikheid deur termynkontrakte ingeprys dat die Fed sy rentekoerse in Desember gaan verhoog.

Vrydag word belangrike Amerikaanse werksyfers uitgereik.

Ander sentrale banke het ook die week vergaderings: Japan Dinsdag en die Bank van Engeland Donderdag.

Verskeie lande stel inligting oor fabrieks­bestellings bekend. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!