Hillary Clinton: Onteiening niu00e9 goeie sein vir beleggers
Hillary Clinton: Onteiening niu00e9 goeie sein vir beleggers

Hillary Clinton: Onteiening nié goeie sein vir beleggers

Die voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake sê daar is voorbeelde in die wêreld waar grond verskaf is, maar daar moet gevra word hoe produktief dit daarná gebruik is.
Elvira Wood – Die ANC se plan om grond sonder vergoeding te onteien, is waarskynlik nie ’n goeie sein wat aan beleggers gestuur word nie.

Dis Hillary Rodham Clinton, voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake, se kommentaar op dié vraagstuk.

Sy en haar man, Bill Clinton, voormalige Amerikaanse president, het Donderdag deelgeneem aan ’n paneelbespreking op Discovery se leierskapsberaad, wat in Sandton, Johannesburg, gehou is.

“Ek weet daar was baie gewillige verkopers die laaste jare. Die vraag is: As daar gewillige verkopers was, waar is die grond nou?

“Dit klink vir my of baie grond verkoop is, maar dit het weer in net ’n paar hande geval.

“Die vraag is nou hoe die proses behartig word.”

Rodham Clinton sê daar is voorbeelde in die wêreld waar grond verskaf is, “maar dan kan daar gevra word: Hoe produktief is dit daarna gebruik?

“Dit help nie jy gee grond aan iemand wat nie weet wat om met grond te doen nie.”

Clinton sê hy dink daar kan ’n ander plan gemaak word om grond aan mense te gee sonder om enige grond te onteien.

“Jul president het dit baie goed gestel,” sê hy met verwysing na pres. Cyril Ramaphosa se toespraak net voor hul voordrag.

“Kyk eers wat julle kan doen met wat julle het. Skuif land wat jy reeds het sonder om grond te onteien. Doen dit vinnig,” is sy raad.

Wat korrupsie betref, sê Rodham Clinton sy sou die mins korrupte en doeltreffendste modelle in die res van die wêreld vind en dit namaak as sy Suid-Afrika moes lei.

Sy sê sy dink regerings die wêreld oor moet die internet al hoe meer gebruik om inligting oor regeringsbesluite en kontrakte te publiseer waar almal kan sien hoe prosesse verloop het en hoekom besluite geneem is.

Clinton sê: “Ek kan heeldag oor korrupsie praat.

“Ek dink ook as jy [die staat] alles op die internet laai oor presies aan wie jy geld betaal het, kan jy baie uitrig.

“Ek dink ook jy moet mense behoorlik oplei en verseker hulle is bemagtig om suksesvol te wees.

“As hulle die reëls oortree, moet hulle egter verantwoordbaar gehou word,” sê Clinton. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!