Himmel en Botes herenig vir Total Tara-tydren
Himmel en Botes herenig vir Total Tara-tydren

Himmel en Botes herenig vir Total Tara-tydren

Motorsport
Jessica Botes
Jessica Botes



Die formidabele jaagduo Richard Himmel en Adolf Botes sal ná ses jaar weer vir die 50ste weergawe van die Total Tara-tydren verenig.

Die duo is vyfmalige Namibiese kampioene, wat die Total Tara twee keer gewen het.

Hulle het in 1999 as 'n span in hul eerste Tara deelgeneem, waar hulle eerste algeheel geëindig asook die S3-klas eerste in hul Toyota Conquest voltooi het.

In 2012 het hulle aan hul laaste Total Tara-tydren deelgeneem, wat hulle met hul Subaru Impreza derde algeheel en derde in die S4-klas voltooi het.

Hierdie jaar maak Himmel en Botes hul terugkeer vir die Atlas Copco Cross Country Racing-span in 'n Toyota Hilux en sal die eerste keer as 'n span in die veldrenkompetisie meeding.

“Ons is baie dankbaar vir die geleentheid om met hierdie tipe voertuig te kompeteer. Dis nie elke dag dat jy só 'n motor sien nie,” sê Himmel.

Die Suid-Afrikaanse veldrenkampioen, Chris Visser, het vanjaar die Hilux van die Toyota Gazoo Racing-span verkry. Die Hilux is tevore deur Giniel de Villiers in die 2017 Dakar-tydren bestuur.

Visser het onlangs die Federation International de l'Automobile (FIA) -klas van die Suid-Afrikaanse veldkampioenskapsreeks (SACCS) in Harrismith gewen.

In die begin van November het hy ook in die laaste SACCS-byeenkoms voorgeloop totdat hy gedwing is om met meganiese probleme uit te tree. Hy het derde algeheel in die FIA-klaskampioenskap vir 2018 geëindig.

Visser het vir die eerste keer in 2014 in die Dakar-tydren met die Ford-span deelgeneem. Hy is ongelukkig tydens een van die eerste skofte van die tydren in 'n ongeluk beseer en moes hom noodgedwonge uit die tydren onttrek.

Visser sal die Hilux in die duine rondom Swakopmund in die volgende twee weke toets ter voorbereiding vir die Dakar-tydren.

“Hierdie soort motor is nog nooit tevore in Namibië gesien nie en omdat ons Toyota-aanhangers is, is dit vir ons 'n groot eer en ons wil Visser bedank vir hierdie geleentheid,” sê Himmel.

Die Total Tara-tydren het gister in Swakopmund begin en sal vandag ook in en om Swakopmund voortduur. Die spanne sal dan na Wilhelmstal in die Karibib-gebied ry en môre word die laaste klompie skofte op pad na Windhoek gery.

Navigator Botes sê hulle is vanjaar hoopvol vir 'n goeie eindposisie.

“Ons het besluit om die Total Tara-tydren weer vanjaar aan te pak, want dit is die 50ste weergawe van die byeenkoms. Ons is baie opgewonde oor hierdie tydren en ons sien uit na taai mededinging met die ander spanne,” sê Botes.

Jaco van Dyk en sy medebestuurder Michel Rust is Himmel en Botes se grootste mededingers.

“Ons het 'n appeltjie met hulle te skil.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!