Himmel en Du Toit domineer by Azurite Rally
Wen ál agt spesiale trajekte
Patrick Vermaak – Thilo Himmel en Armand du Toit het in hul S2000 Challenge / S3 VW Polo 4x4 tydens die onlangse Bank Windhoek Azurite Rally op Tsumeb koning gekraai.
Hulle het in ál agt spesiale trajekte op die pad na algehele oorwinning geseëvier.
Richard Himmel, wat al vyf keer die Namibiese tydrenkampioen-kroon gedra het, kon nie méér van sy seun vra nie. ’n Bonus was dat Roland Himmel en Juan Erlank in hul Toyota Etios 1.5.die suksesverhaal vir die gesin voltooi het, deur met die louere weg te stap in die S1600 / S1-klas. Hulle het algeheel vierde geëindig.
Die wedywering om die titel vir 2014 se Namibiese nasionale tydrenkampioen het waarskynlik daartoe bygedra dat Wilro Dippenaar en Riaan van der Westhuizen tevrede was om die tweede plek in hul PZN Panelbeaters S2000 Challenge / S3 Toyota RunX 4x4 te vul. Met die J&P Hydraulic S2000 Challenge / S3 VW Polo 4x4 van die verdedigende Namibiese tydrenkampioene, Allan Martin en Berto Mostert, wat in SS3 uitgeskakel is, was daar geen rede dat eersgenoemde twee moes jaag nie.
In hul debuuttydren, het Willie Dames en Mornay du Toit (in die S2000 Challenge / S3 Toyota Auris 4x4) die podium beset en daarmee saam goeie potensiaal getoon as ’n toekomstige bedreiging vir diegene wat reeds in hierdie klas gevestig is.
Roland Himmel en Juan Erlank het hul klein Toyota Etios 1.5 hard gedruk en algeheel vierde geëindig, hoewel dit nie die volle skouspel van hierdie kombinasie weerspieël nie. Die enigste twee mense wat waarskynlik hul snelle pas waarlik kon waardeer, was Hannes Arangies en Aisah Franz in hul S1600 / S1 Toyota Corolla RXi 1.6, wat vyfde geëindig het.
Die Wiese-broers, Zander en Jaco, het sesde geëindig in hul netjiese S1600 / S1 Toyota Corolla RXi 1.6. Dit is die laaste RXi 1.6 wat deur Toyota Motorsport SA gebou is. Toeskouers was beïndruk dat die broers die resies voltooi het en hulle het mense beslis laat besef dat hulle vir 'n opskudding in hierdie klas gaan sorg. Pierre Wiese was nóg ’n tevrede pa.
Die pa-en-dogter-span, Rolf en Katja Pretorius, en hul S4 Ford Sapphire het algeheel sewende in hul klas geëindig. Cecil Koorts en Oscar Schoombee het in die agste plek gevolg in hul netjiese Gp N3 / S2 Toyota Run X RSi, terwyl die negende plek gegaan het aan Jan Everson en Fanie Botes in hul Seal Consulting Engineering S1600 / S1 VW Polo R2 1600.
Rossouw Bezuidenhout en Lourens Barnard het met nuwe kleure op hul S4 Subaru Impreza Turbo 4x4 gespog, iets wat die twee goed gedien het aangesien hulle tweede in hul klas geëindig het.
Hanré Myburgh en Geon Ellis het egter nie hul dag vreeslik geniet in hul opgeboude Star Bodyworks S1600 / S1 Toyota Corolla RXi 1600 nie, aangesien dié motortjie deurgaans elektriese probleme ondervind het.
In die twaalfde posisie was Marius van Zyl en Dirk Janse van Vuuren, die enigste deelnemers van die veldren-gemeenskap, wat laaste oor die wenstreep gery het.
Verdedigende Namibiese kampioene, Allan Martin en Berto Mostert, in hul J&P Hydraulic S2000 Challenge / S3 VW Polo 4x4, moes die handdoek ingooi nadat hulle die SS3 gerol het. Gelukkig was die meeste van die skade beperk tot gekneusde ego’s.
Stefanie Botha en Willem Hugo was terug met die Griffin Cars Toyota RunX 4x4 in die S2000 Challenge / S3, maar toe hulle ’n hoek op SS5 sny, het die motor se stuurstang gebreek en moes hulle uittree.
Pieter Greeff en Steven Robinson, wat al die pad van Keetmanshoop gekom het, het waarskynlik die hartseerste verhaal: Hulle moes noodgedwonge 2km van die finale kontrolepunt uit die stryd tree. Hul Seal Consulting Engineers S1600 / S1 Toyota Corolla RXi 1600 het binne oogafstand van die eindpunt meganiese probleme opgedoen.
Marco Luis en De Wet du Plessis, in 'n Xenon Racing S1 Ford Ikon, het vir die eerste keer en weens onbekende redes nie ’n wedren voltooi nie. Hoewel daar hoë verwagtinge vir Dick Cornelissen en Melvin Gous in hul Star Bodyworks S4 Subaru WRX 4x4 Turbo was, het die magtige Scooby se ratkas hulle gefaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie