Hiënas op pad na China op lughawe in Zim gered
Die voorval bevestig dat Zimbabwe voortgaan om lewendige diere aan China te verkoop.
Diereinspekteurs in Zimbabwe het beslag gelê op elf hiënas wat op pad was na ''n safaripark in China.
Die diere is almal gevang in die Hwange Nasionale Park en was reeds op die lughawe op pad na China.
Amptenare van die Zimbawe Nasionale Dierebeskermingsvereniging (ZNDBV) het die diere gered. Hulle het die uitvoertransaksie gestop terwyl die diere aan boord van ''n Air Zimbabwe-vliegtuig was op pad na Suid-Afrika omdat hulle "nie tevrede was met die toestand van die diere, die permitte en die houers waarin die diere was.
Die ZNDBV was nie beskikbaar vir kommentaar nie.
Die voorval bevestig dat Zimbabwe voortgaan om lewendige diere aan China te verkoop. Die uitvoer van 24 jong olifante van Hwange na ''n safaripark in China in Julie verlede jaar het internasionale kommer gewek.
Dit lyk of die hiënas beseer is terwyl hulle Donderdag in houers van die park af vervoer is na Harare. Daar is sprake van dat een van die diere op pad lughawe toe ontsnap het, maar dis nie seker op dit in Hwange of in Harare gebeur het nie.
Die diere is nou terug in Hwange waar hulle gevang is, maar is nog nie weer in die natuur vrygelaat nie. Hulle word in ''n afgesperde gebied aangehou.
Zimbabwe se minister van omgewing, Oppah Muchinguri, het gesê hulle sal wilde diere, wat hiënas , olifante, leeus en bobbejane insluit, na China uitvoer "sonder om verder te dink". Sy het gesê dis beter om die diere te verkoop aan ''n land wat na hulle kan omsien, as om hulle weens die droogte te laat vrek.
"Ons gaan nie enigiemand om verskoning vra nie," het sy gesê. – Netwerk24/News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie