Hingste en Welwitschias druk hul stempel af
Die kusspan met 249/7 was te veel vir die besoekers se 132/10.
Tielman van Lill
Die MR24/7 Welwitschias 1 het Saterdag op Walvisbaai sy 50 boulbeurtkragmeting in Krieket Namibië se premierliga met 127 lopies teen Trustco United 1 ingepalm.
In Windhoek by Wanderers was die gasheer, Samsung FNB Wanderers 1, in sy botsing teen CCD Tigers 1 met 20 lopies die wenner. Wanderers slaan 246/7, met CCD Tigers wat met 226/10 antwoord.
Die kusspan het eerste gaan kolf en bestendig teen 5.08 lopies per boulbeurt gekolf om ná sy toegelate 50 boulbeurte 259 lopies as uitdaging vir die Filistyne op die telbord geplaas.
Die gasheer moes sonder Gerrie Snyman, sy nuutste aanwins, se dienste die besoekers pak. Lauritz Haccou wat saam met Scott Winborn die Welwitschias se kolfbeurt geopen het, het met 53 lopies van 68 aflewerings (3x4, 3x6) ’n stewige fondament gelê.
Ná Winborn (2, 42 balle, geboul Nyashadzaishe Nyasha) en Enrico van der Westhuizen (1, 6 b, geboul Darren van Wyk, gevang Eben van Wyk) se vertrek het Matthew de Gouveia saam met Haccou die telbord aan die rol gehou.
De Gouveia (56, 94 b, 5x4, uitgehardloop Danie van Schoor) en Dian Neethling (48, 48 b, 6x4, uitgehardloop E. van Wyk) het met twee lopies sy vyftigtal misgeloop. Die gasheer was steeds stewig in die saal nadat United paaltjies op 1/62 (Winborn), 2/68 (Van der Westhuizen), 3/91 (Haccou), 4/158 (Neethling) geneem het.
Die gasheer het met De Gouveia en Shalako Groenewald (22, 16 b, 1x4, 2x6, geboul N. Nyasha, gevang Mxolisi Dube) voor die penne sy greep verstewig. Groenewald (5/216), De Gouveia (6/221) en Reynard van Zyl (19, 14 b, 2x4, 1x6, geboul N. Nyasha, gevang Lo-han Louwrens, 7/252), Marco Malan (20, 12 b, 1x4, 1x6, nie uit nie) het 94 by sy totaal gevoeg voor die laaste bal afgestuur is.
N. Nyasha neem 3/53 in sy tien boulbeurte met Darren van Wyk (2/42, 10 bb) wat Nyasha goed ondersteun.
Die Filistyne het gesukkel om by Sparta aan die gang te kom. Eben van Wyk (geboul en gevang S. Groenewald vir 28 lopies) is sy span se voorste lopiemaker terwyl Ngupita drie paaltjies vir die Welwitschias oes.
Lo-han Louwrens (nul, 2 b, gevang D. Neethling, geboul Matthew Stander), M. Dube (12, 28 b, 2x4, gevang Neethling, geboul R. van Zyl), Danie van Schoor (9, 13 b,2x4, geboul Groenewald, gevang L. Haccou), D. van Dyk (18, 14 b, 2x6, geboul R. van Zyl, gevang M. de Giuveia), Hendrik van der Walt (19, 38 b. 1x4, 1x6, been voor paaltjie deur Mauritius Ngupita), Henry Olivier (20, 34 b, 2x4, gevang M. Malan, geboul De Gouveia), N. Nyasha (3, 19 b, stonk De Gouveia), Dickson Vambe (1, 10 b, been voor paaltjie deur Ngupita), Damon Coetzee (nul, 2 b, gevang en boul Ngupita) en Brendon Britten (0*, 1 b) voer ’n vergeefse stryd teen die plaaslike boulaanval.
Vir die kusspan trek M. Ngupita 3/32 in 7 bb plat gevolg deur R. van Zyl (2/36, 8 bb), S. Groenewald (2/32, 10 bb), M. de Giuveia (2/4, 4 bb) en M. Stander (1/26, 7 bb).
WANDERERS TEEN TIGERS
Indien Tigers nie ’n dramaties ineenstorting in sy middelorde beleef het nie, kon die Tiere Saterdag ’n sege in hul botsing teen die Hingste bewerkstellig het.
Die hart is uit die besoekers se kolforde geruk toe Wandrers se boulers die Tiere binne ’n paar boulbeurte van 4/119 tot 8/137 van koerts af druk.
René Were se vegtersbeurt (48*, 55 b, 3x4) saam met Mika Mutumbe (15, 19 b, geboul Nicolaas Scholtz) Ben Shikongo (12, 21 b, 1x4, geboul N. Scholtz, gevang JP Kotze) en Albert Mbwembwe (12, 25 b, 1x4, geboul K. Birkenstock) het die CCD se eer gered. Maar met Mwembwe wat as laaste kolwer geboul word met 16 balle oor, was dit neusie verby vir die vegtende Tiere.
Wanderers, wat eerste gekolf het, het ’n moeilike totaal vir Tigers op die telbord geplaas om te jaag. Karl Birkenstock en Wessel Myburg het as openingspaar vir die gasheer onderskeidelik 34 en 40 lopies van 113 aflewerings geslaan.
Dit het genoeg ruimte vir JJ Smit gelaat om 90 van 96 balle te moker wat ses viere en drie reusesesse insluit en hom die speler van die wedstryd maak. Birkenstock (2x4) is deur die draaier Ramon Wilmot been voor paaltjie betrap terwyl Picky Ya Frans (bouler) en Wayne Raw (paaltjiewagter) saamspan om van Myburh (1x2, 2x6) ontslae te raak.
JP Kotze (15, 28 b, been voor paaltjie, Nicol Loftie-Eaton), JC Calt (25, 46 b, 2x4, geboul M. Mutube, gevang A. Mbwembwe) en Colin Schoonbee (13, 15 b, 1x4, geboul en uitgehardloop Mutumbe) rond die gasheer se totaal af.
Vir Tigers kry Mika Mutumbe (2/50, 10 bb), Ramon Wilmot (1/35, 8 bb), Picky Ya Frans (1/43, 8 bb) asook Nicol Loftie-Eaton (1/41, 10 bb) paaltjies.
Stephan Baard (36, 38 b, 3x4, 1x6, geboul Bernard Scholtz) vaar goed as openingskolwer, maar Joshuan Julius (11, 22 b, 1x4) word vinnig deur JP Kotze agter die paaltjies van Karl Birkenstock se boulwerk uitgevang.
P. Ya Frans lewer met 42 van 67 aflewerings (2x4, 2x6) ’n stewige vertoning voor B. Scholtz se draaiers hom flous en hy deur W. Myburgh uitgevang word. Nicol Loftie-Eaton (24, 33 b, 1x4, 2x6) wat die afgelope seisoen uistekend as kolwer en draaibalbouler vaar, word deur N. Scholtz van JJ Smit se naatballe uitgevang.
Ongelukkig skiet R. Wilmot (1, 1 b, uitgehardloop), W. Raw (nul, 3 b, uitgehardloop) en Ricardo Strauss (nul 2 b, geboul B. Scholtz, gevang Kotze) die Tiere in die voet.
Vir die Hingste slaan B. Scholtz met 3/36 (10 bb) toe asook K. Birkenstock (2/54, 6.2 bb), N. Scholtz (2/50, 10 bb) en JJ Smit (1/13, 7 bb) wat hul kleim afsteek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie