Hingste nou tweede ná Unam
Rehoboth Rugbyklub het opnuut 'n sterk standpunt gestel dat hy nie onderskat kan word nie.
Andrew Poolman - FNB Wanderers het Saterdag 'n wipplankstryd gewen op pad na sy oorwinning met 33-23 teen FNB Western Suburbs op wedstryddag 4 van die 2019 Namibië Rugby-unie (NRU) se premierliga.
Die Wit Hingste het op Suburbspark in Khomasdal die eerste slag geslaan met 'n drie deur die agtsteman Driaan Vorster, voordat heelagter Léan Stoop vir hul volgende drie deurgenael het. Net die eerste van buitesenter Brandon Groenewald se twee doelskoppe was sekuur, om die telling 12-0 te maak.
Suburbs het sy telbord met 'n strafdoel deur heelagter Ricardo Swartz en 'n drie deur die vleuel Russell van Wyk aan die gang gesit, voordat 'n hanteerfout in die Wanderers-agterlyn die kans vir Suburbs se teenaanval en 'n drie deur die vleuel Dumarcho Hartung geskep het. Swartz slaag met beide doelskoppe en plaas sy span rustyd met 17-12 voor.
Die slot Stef Botha se drie, saam met Groenewald se doelskop, het Wanderers ná rustyd die voortou met 19-17 besorg.
Nog 'n strafdoel deur Swartz het Suburbs se neus met een punt voor gekry, maar dit was die laaste keer in die wedstryd.
Wanderers se stut Nian Berg, kaptein van 2018 se kampioenspan in sy eerste wedstryd terug ná 'n besering, gaan op 'n stormloop en speel 'n rol in MP Pretorius se drie onder die pale nadat die losskakel soos 'n lem deur Suburbs se agterlyn gesny het. Met Groenewald se doelskop was Wanderers met 26-20 voor.
Die verdediging aan beide kante was kliphard, maar vir die volgende deurbraak het Nian Berg weer met 'n sterk lopie vorendag gekom wat die pad oopgemaak het vir Léan Stoop se tweede drie onder die pale. Groenewald slaag weer met sy skop (33-20).
Onmiddellik ná die afskop is Wanderers gestraf en Swartz skop akkuraat pale toe, vir die eindtelling van 33-23.
In die laaste bykans tien minute was Suburbs in sy eie kwartgebied vasgepen deur 'n Wanderers-span vasberade om hul sesde en sewende drieë te druk, wat 'n tweede drieëbonuspunt sou beteken.
Vanweë hanteerfoute en goeie verdediging is die groen-en-wittes se doellyn nie weer oorgesteek nie, maar Suburbs kon geen ligapunt verdien nie. Vyf punte vir Wanderers het hom in die tweede posisie op die puntelys, met 15, laat opskuif.
UNAM OORLEEF TEEN REHOBOTH
FNB Universiteit van Namibië het sy tuiswedstryd met 25-20 gewen, maar dit was eers met 'n wendrie in die laaste drie minute. Die studentespan kan nou ook getuig dat Rehoboth nie soos vorige jare ligtelik opgeneem kan word onder hul nuwe afrigter David Philander nie.
Met die telling op 20-20 het die wedstryd op 'n gelykoptelling afgestuur, voordat 'n opwindende drie deur die Unam-vleuel Shareave Titus sy span se vierde oorwinning uit vier wedstryde verseker het.
Die heelagter Lorenzo Louis het Unam se eerste 20 punte aangeteken met vyf strafdoele asook 'n drie nadat hy by die agterlyn aangesluit het.
Rehoboth het sy rekening geopen met 'n drie deur die senter Henrique Olivier wat hyself verdoel het.
Hoewel Olivier hierna met twee pogings pale toe nie kon slaag nie, het Rehoboth net voor rustyd die voortou geneem met 'n skrum wat etlike meters gevorder het voordat agtsteman Johann Wohler die oorstootdrie gedruk het.
Olivier se doelskop het dit rustyd 14-8 gemaak en kort daarna het hy nog 'n strafskop oorgeskop. Unam het egter druk toegepas wat met vier opeenvolgende strafdoele deur Louis beloon is. Met tien minute oor was die studentespan met 20-17 voor.
Rehoboth se losskakel Ascher Coetzee het met 'n skepdoel die telling gelykop gemaak, maar Unam het met 'n teenaanval uit hul eie helfte toegeslaan en die wendrie vir Shareave Titus geskep. Louis se doelskoppoging is afgestorm.
Unam verdien vier ligapunte, wat hom met 19 aan die toppunt van die sewe spanne hou. Tweede is Wanderers met 15, gevolg deur Trustco United (11), wat 'n afnaweek gehad het.
Kudus het ses ligapunte pasella gekry toe Reho Falcon vanweë geldelike tekortkoming en 'n gebrek aan borgskap nie in staat was om op Walvisbaai te gaan speel nie. Gevolglik is Kudus nou in die vierde posisie, met agt punte.
Rehoboth se verloorbonuspunt plaas hom op 6, verby Western Suburbs wat op 5 vasgesteek het. Met vier naweke verby kon Reho Falcon nog niks byvoeg by die enkele ligapunt wat hy op die openingsnaweek gekry het nie en bly laaste van die sewe spanne.
AFNAWEEK
Geen ligawedstryde is vir komende naweek geskeduleer nie, omdat Saterdag Cassingadag is.
Die volgende rondte wedstryde is op 11 Mei, naamlik (tuisspanne eerste) United teen Unam; Western Suburbs teen Kudus en Rehoboth teen Wanderers.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie