Hingste op loop teen Walvis
Wanderers en Unam bly kop-aan-kop boaan die puntelys.
Tielman van Lill - Die voorloper FNB Wanderers I het Saterdag 36 punte sonder antwoord teen Ellies Electronics Walvisbaai Rugbyklub I in 'n premierliga-rugbybotsing opgestapel, wat ná die 12-8 van rustyd vir 'n wegholtelling van 48-8 gesorg het.
Dit lyk dalk of die rustydtelling die besoekers onnodig vlei, maar dit is beslis nie die geval nie. Walvisbaai het hard gewerk om die gasheerspan tot twee vyfpunters te beperk en het self een keer die doellyn oorgesteek en ook 'n strafskop deur die pale gejaag.
Walvis het voorlangs groot manne wat nie werklik fiks genoeg lyk om in Windhoek op 1 655 meter bo seevlak effektief vir 80 minute van premierliga-rugby by te bly nie. Hoewel die kusspan seker gemaak het dat hulle rustyd nog in die wedloop is, het hul eerste wiele reeds kort voor rustyd begin afkom.
Afrigter Gawan Esterhuizen se Baaienaars was glo redelik besig in die voorseisoen, maar dié span kort beslis nog wedstrydfiksheid om die pas te kan volhou.
Krediet moet sekerlik aan Wanderers gegee word vir die rugby wat in die tweede helfte opgedis is. Dit is duidelik dat JP Nel se nalatenskap beslis vir nog 'n rukkie sal voortleef, of dit wel onder die nuwe afrigtingspan so gaan bly, sal net die tyd leer. Nel se hand kon nog duidelik gesien word toe die Hingste op loop gegaan het om draaie om die blasende besoekers te hardloop en ses drieë in te ryg.
Die welkome terugkeer van binnesenter Francois (Vullis) Wiese as kaptein het beslis vir Wanderers ekstra woema in die middelveld gegee. Dit was sy eerste wedstryd van die seisoen en hy het goed op die aanval asook verdediging vertoon.
Christo McNish op loskopstut is 'n aanwins uit die Wes-Kaap en kan sekerlik op 'n hoër vlak vir Namibië diens doen. Nog 'n speler wat die oog gevang het, was skrumskakel Cody La Cock en net voor rustyd ná 'n uitstekende lopie vir 'n goeie solo drie oorgeduik het.
Hoewel Léan Stoop twee drieë gedruk en flink aansluiting by sy medesnellers gevind het, is hy te veel kere oor die kantlyn geboender sonder om hond haaraf te maak.
Zaynor Platt op linkervleuel het bestendig vertoon, maar het min werklike deurdringingsvermoë op die aanval getoon. Wanderers se buitesenter, Ethan Beukes, kan maar vir die res van die seisoen goed dopgehou word. Hy is nie net 'n goeie skopper na die pale nie, maar kan ook gapings in die middelveld slaan. Met sy 16 punte (twee drieë en drie doelskoppe) het die gewese nasionale o.20-speler van hom laat kennis neem.
Vir Wanderers het regtervleuel Shawn Thomas en skrumskakel Cody la Cock een drie elk in die eerste helfte behaal, terwyl Léan Stoop met een doelskop tref. Vir Walvis storm die sterk agtsteman Riaan de Klerk in 'n bondel oor die doellyn en losskakel Dirk von Weidts slaag met 'n strafskop.
In die tweede helfte gaan druk Stoop (2), Ethan Beukes (2), Christo McNish en slot Kevin Vorster, terwyl Beukes met drie doelskoppe in winderige toestande slaag om met 48-8 te seëvier. Wanderers verdien twee bonuspunte en is tans ná twee kragmetings met elf punte die voorloper in dié liga.
UNAM KRY VYFTIGTAL
Op Narraville het 'n omgekrapte FNB Unam I met 50-19 teen Kudus I gewen om ook met twee bonuspunte huiswaarts te keer.
Unam II se wegholsege van 58-10 getuig ook van die reserwekrag tot die beskikking van afrigter Johan Diergaardt se kampioenspan van die laaste twee jaar.
Die studente se elf ligapunte is gelyk aan Wanderers, maar 'n swakker punteverskil plaas hulle in die tweede plek.
Driedrukkers vir die wenspan was flank Thomas Kali (2), heelagter Lorenzo Louis (2), skrumskakel Cameron Klassen, losskakel Rodney Coetzee en die plaasvervangers Rheinhardt Carelse en Denver Murorua. Murorua het ook vyf keer verdoel.
SUBURBS WEN NET-NET
FNB Western Suburbs moes in 'n wegwedstryd behoorlik teen Rehoboth Rugbyklub uithaal om met 38-34 te wen. Albei spanne het vyf drieë gedruk om 'n bonuspunt te verdien.
Die gasheerspan kan homself sekerlik self skop, want dié het sommer gou met 22-0 voorgeloop, maar moes met rustyd met die telling op 22-21 gaan lemoene eet.
Vir Suburbs het die vleuels Russell van Wyk (2) en Johannes Namene, senter Devereaux Jansen en losskakel Justin Nel gaan druk. Nel slaag met al vyf doelskoppe en voeg 'n strafskop by om Suburbs se eerste oorwinning vir die jaar te verseël.
Senter Chase Diergaardt (2), vleuels Julian Afrikaner en Paulus Hangula asook plaasvervanger Dylan Mouton het die Rooi Bulle se drieë gedruk, terwyl heelagter Reduane Beukes die res met die skopvoet bygevoeg het.
• Trustco United I behaal ook sy eerste oorwinning vir 2017 toe hy Reho Falcon op Rehoboth met 24-5 klop. Dit was danksy drieë deur stut Collen Smit en vleuels Stefan Louw en Felix Humphries, plus nege punte van Winmar Rust se skopvoet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie