Hingste slaan eerste terug met T20-oorwinning
Hoewel United die val van die munt reg voorspel het, wou sake nie verder vir hom reg verloop nie.
Tielman van Lill - Samsung FNB Wanderers het Woensdag as gasheerklub sy aanslag op die jaarlikse sportderby teen Trustco United met ’n klinkende oorwinning op die krieketveld afgeskop.
Wanderers, wat in 2018 vir die eerste keer in meer as ’n dekade deur die Filistyne op Gemsbokpark dramaties met een lopie geklop is, het wraak geneem deur met sewe paaltjies te wen toe hy die teiken van 110 lopies in die 18de boulbeurt verbysteek om op 114/3 die sjampanje te gaan oopmaak.
Vir Wanderers het Pieter Rossouw die hart uit die besoekers se kolflys geruk met drie slagoffers vir net 12 lopies in sy vier boulbeurte, waarvan een leeg was. Rossouw spog onder meer met die vang-en-boul paaltjie van Henry Oliver wat die besoekers op 21/3 laat steier het.
Andrew Forrest draf nes Rossouw van die noordekant af in en boul vir Dewald Nell en later Darren van Dyk wat die besoekers se kolfbeurt met goeie oordeel en kolfwerk aan die gang hou. Met Van Dyk se vertrek op 55 het United se boulbeurte opgedroog om nog lopies op die telbord te kry.
In Wanderers se kolfbeurt het Tiaan Louw en Wessel Myburgh hul beurt geopen. Louw is gou deur Nell geboul, maar Colin Schoonbee en Myburg skop vas en rig groot skade aan. Myburgh kolf bestendig vir sy 33, terwyl die lopies van Schoonbee se kolf vloei om om enduit vir sy 69 lopies saam met Nicolaas Scholtz te kolf.
Vir United teken Danie van Schoor 2 (13 balle), Lo-han Louwrens 6 (4 b, 1x4), Henrik van der Walt 15 (9 b, 2x4), Olivier 2 (5 b), Van Dyk 55 (48 b, 1x4, 5x6), Dewald Nell 7 (14 b), Damon Coetzee 17 (23 b) en Louis Vermaak 2 (4 b) hul lopies aan.
Rossouw (3/12 in 4 bb), Tommie van der Merwe 1/15 in 3 bb, Forrest (2/31 in 4 bb) en Colin Peake (1/4 in 1 bb) staan net 4 ekstras af om die besoekers onder druk te hou.
Wanderers se lopies kom van die kolwe van Louw 1 (7 b), Myburgh 33 (32 b, 3x4), Schoonbee 69 nie uit nie (60 b, 7x4, 2x6), Ewald Steenkamp 0 (1 b) en Scholtz 4 nie uit nie (7 b). Schoonbee word as speler van die wedstryd aangewys.
Nell (1/10, 4 bb) en Jan-Ivan van Dyk (2/22 in 3 bb) is die enigste boulers van United wat sukses kon behaal.
DERBY
Afgesien van die wedstryde tussen die vierde en derde netbalspanne vanaand (18:30 en 19:15), sal die meeste van die derby se aksie môre by Wanderers plaasvind:
09:00 Tweede netbalspanne
10:30 Eerste netbalspanne
13:00 Rugby, Wanderers III tn Grootfontein (NRU eerste liga)
14:00 Vrouehokkiespanne
14:45 Tweede rugbyspanne (NRU reserweliga)
16:45 Eerste rugbyspanne (NRU premierliga)
FNB Wanderers is die verdedigende kampioen van die NRU premierliga, wat met 20 punte ná vier wedstryde ook die voorloper is met een punt voor FNB Unam (19 ná vyf) wat ’n afnaweek geniet.
Trustco United is op 16 punte ná vier wedstryde steeds baie sterk geplaas en die Filistyne sal die derby met groot selfvertroue benader.
Verlede jaar het Wanderers eers die rugbyderby gemaklik met 24-10 gewen en het in die premierligafinaal ook met 30-22 sy titeldroogte verbreek. Die bloues het egter genoeg skietgoed om enige voorspelling riskant te maak.
Die Wit Hingste se afrigter, Vince Dreyer, en sy United-eweknie Robbie Dickson het gister teen druktyd nog nie hul eerste spanne bekend gemaak.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie