• Tuisblad
  • Sport
  • Hitman behou titel, maar Naidjala staan gordel af

Hitman behou titel, maar Naidjala staan gordel af

Die Kongolees Benoit Vela wat teen die Namibiese kampioen te staan sou kom, is op die laaste oomblik onttrek.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Paulus (The Hitman) Moses het Saterdag (of eerder, die vroeë oggendure van Sondag) sy Afrika-liggewigtitel van die Wêreldboksorganisasie (WBO) behou toe hy sy plaasvervangende opponent, Chrispine Moliati van Malawi in die sewende ronde uitgeslaan het.

Moliati het ingestem om op die laaste oomblik die plek van Benoit Makangali Vela van die Demokratiese Republiek van Kongo in te neem. Laasgenoemde is 'n onoorwonne bokser in twaalf gevegte en houer van die IBF se Afrika-titel.

Vela was 'n netjies geklede toe­skouer langs die bokskryt by die Ramatex-kompleks, maar weens die taalverskil (hy is net Frans magtig) en die gebruiklike vertroulikheid van sulke inligting kon geen verdere besonderhede verkry word behalwe dat hy deur 'n mediese toets verhinder is om deur die kryttoue te klim nie.

Die Malawiër sou aanvanklik teen die superliggewig Jeremia Nakathila boks en was dus effens swaarder as die Namibiese voormalige wêreldkampioen liggewig.

Moliati het goeie rekenskap van homself gegee voordat hy in die sewende ronde deur 'n paar goeie houe getref is wat hom vooroor op sy knieë laat neersak het. Die bokser het betyds regop gekom, maar was onvas op sy voete en daar was geen teenspraak oor skeidsregter Deon Dwarte van Suid-Afrika se beslissing om die geveg te beëindig nie.

Ná die geveg het Moses, wat veral die vroeë rondes baie versigtig benader het, aan die media gesê Moliati was goeie kompetisie – al was hy 'n laat plaasvervanger.

“Ek is gelukkig dat ek skermoefeninge teen Julius Indongo (huidige wêreldkampioen superliggewig) doen, want hy is linkshandig. Ek oefen ook teen Jatoorora Tjingavete wat 'n ortodokse bokser is. Ek dis dus voorbereid op enigiets.”

Die Namibiër het gesê hy wou die geveg eintlik teen die vierde ronde beëindig het, maar het sy lof uitgespreek dat Moliati hom tot die sewende ronde besig gehou het.

Moses se rekord staan na dese op 39 oorwinnings en drie nederlae.



PRINCE ONTTROON

In die hoofvoorgeveg het Immanuel (Prince) Naidjala eenparig met punte teen Suid-Afrika se frisgeboude Siboniso Gonya (bynaam Tiger) ná hul geveg van twaalf rondes verloor.

Die Namibiër het dus sy interkontinentale gordel van die WBO met 'n teleurstellende vertoning afgestaan.

Naidjala het deurgaans sy hande vol gehad met die linkshandige Gonya en het in die tweede helfte van die geveg ook bloeiende snye naby beide sy oë opgedoen, met minstens een wat klaarblyklik die gevolg van 'n onbedoelde kopstamp was. Die Namibiër is in die laaste paar rondes drie keer platgeslaan – hoewel hy geprotesteer het dat hy gegly het of gestamp is.

As tellinghouer het die plaaslike Timo Haikonda (113-112) die Suid-Afrikaner met net een punt laat wen, terwyl Neville Hotz (RSA) en Lazarus Nainda (Namibië) se ver­skille groter was (115-110 en 116-109).

Die 32-jarige Naidjala het die derde nederlaag van sy loopbaan gely. Hoewel hy in 2013 in die Filippyne in 'n wêreldtitelgeveg teen Tomoki Kameda van Japan betrokke was en tot onlangs weer hoog op die WBO-ranglys was, sou sy kanse waarskynlik 'n knou gekry het om binnekort weer 'n kans teen 'n wêreldtitelhouer te kry.

Sy rekord staan nou op 23 oorwinnings, drie nederlae en een gelykopuitslag.



Die volledige uitslae

van die aand:

1 Kapokgewik: Andreas Amupolo (A1) klop Jafet Amukwaya met 'n tegniese uitklophou in die tweede ronde.

2 Superkapokgewig: Timoteus Shuulula (Remember) klop Tinashe Mutodza (Zimbabwe) met 'n uitklophou in die vierde ronde.

3 Internasionale weltergewig: Ebenestus Kaangundue (Mendu) klop Charles Misanjo (Malawi) met 'n eenparige puntebeslissing oor ses rondes.

4 Internasionale weltergewig: Mike Shonena klop Chikonda Makawa (Malawi) via Unanimous Decision over six rounds.

5 Internasionale weltergewig: Immanuel Mungandjela klop Limbani Masamba (Malawi) met 'n eenparige puntebeslissing oor 6 rondes.

6 Internasionale superliggewig: Jeremiah Nakathila (No Respect) klop Varde Ndayambekwa (Swapo) met 'n uitklophou in die eerste ronde.

7 WBO Afrika middelgewigtitel: Walter Kautondokwa (Executioner) klop Med Sebyala van Uganda met 'n tegniese uitklophou in die tiende ronde.

8 WBO Afrika veergewigtitel: Sakaria Lukas (Desert Storm) klop Oscar Chauke (RSA) eenparig met punte oor 12 rondes.

9 WBO Interkontinentale kapokgewigtitel: Siboniso Gonya (RSA) klop Immanuel Naidjala (Prince) eenparig met punte oor 12 rondes.

10 WBO Afrika liggewigtitel: Paulus Moses (Hitman) klop Chrispine Moliati (Malawi) met 'n uitklophou in die sewende ronde.

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.75 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 582.37/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.51% | Zinc US$ 2 941.80/T UP 1.2% | Brent Crude Oil US$ 74.64/BBP UP +2.25% | Platinum US$ 984.03/OZ UP +1.70% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.75 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 582.37/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.51% | Zinc US$ 2 941.80/T UP 1.2% | Brent Crude Oil US$ 74.64/BBP UP +2.25% | Platinum US$ 984.03/OZ UP +1.70%