Hitman verseker van wereldtitelgeveg
PAULUS"The Hitman" Moses sejarelange droom om Namibie se volgende wereldbokskampioen te word, kan gouer bewaarheid word as wat selfs hy gedink het. En met die invloedryke steun van niemand minder as die bykans onstuitbare Don King nie kan die wereldtitelgeveg selfs in Windhoek plaasvind. Op die nuutste ranglys van die Wereldboksvereniging (WBA) is The Hitman pas as die nommer een uitdager op die liggewigranglys aangewys.
Dit beteken dat hy geregtig is om voor die einde van April vanjaar sy lank verwagte kans teen die WBAkampioen te lay. Die pas gekroonde kampioen, Jose Alfaro van Nicaragua, het die vakante gordel skaars twee weke gelede ingepalm met sy punte-sege oor Prawet Singwancha van Thailand. Die kampioen se promoter is Don King.
Die legendariese skeidsregter, Stan Christodoulou van Suid-Afrika, wat sy 153ste wereldtitelgeveg hanteer het, het gister telefonies aan Republikein. gese: "Ek het die geveg in Bielefeld, Duitsland, hanteer, maarwilnie graag uitlatings maak ofvergelykings (tussen Moses en die nuutgekroonde kampioen) tref voordat die WBA nie amptelik hul geveg bekragtig nie. Die moontlikheid bestaan immers dat ek as beampte betrokke magwees. Maar albei is puik vegters.'
Die WBAse reel 5.1.3 dwing Alfaro omsy tite! voor einde Aprilvanjaar teen die nommer een uitdager te verdedig. Alfaro het Singwancha met punte oor twaalf rondes gewen nadat hy sy teenstander twee keer plat geslaan het. Hy het 20 gevegte in die beroepskryt gewen en sy 18 uitklophoue dui op die krag in sy ystervuis. Voor die geveg was die WBA-liggewigtitel vakant, hoewel die Amerikaner Juan Diaz, wat ook die WBO en IBF-titels hou, se naam steeds as die onbetwiste kampioen in die gewigsafdeling aangedui word. Moses, die Namibiese polisieadjudant, het 22 gevegte waarvan hy almal gewen het.
Dit is inderdaad 'n rekord waarmee rekening gehou moet word en waarom die Namibiese gemeenskap bankvas agterThe Hitman moetstaan. Sy oortuigende punte-oorwinning op 21 Augustus verlede jaar teen Andrei Koedriatsef, boonop op die manvan Oekraine se tuiswerf, het die deurslag gegee om Moses se posisie op die WBA-ranglys te verstewig. In November het die arme Zimbabwier Ephraim Mangenda geen kans gestaan om die WBA Interkontinentale liggewigkampioen op Ongwediva te keer nie en was die geveg in die tweede ronde verby.
Die plaaslike beroepsboksknoper en Hitman se afrigter, Nestor Tobias, het eksklusiefaan Republikeinverduidelik: "Dit is een van my drome wat waar kan word as die titelgeveg in Namibie gehou word. Ekis positiefdat dit sal plaasvind en dat Paulus Moses die nuwe wereldkampioen sal wees. "Niks en niemand gaan hom stop nie. Hy is superfiks, hy oefen gereeld die afgelope weke en is honger om deur die toue te klim. Al wat ons verwag is ondersteuning van die Namibiese gemeenskap om die geveg in Windhoek te help aanbied.
Die bod om die titelgeveg is oop tot en met Februarie. Ek glo dit is genoeg tyd om 'n paar miljoen Namibiese dollar bymekaar te layomvoor die Don King bokskamp op die tafel te he. "Hulle vrees die vuiste van Paulus Moses en die keeris daar nie wegkomkans nie. Dit gaan 'n historiese dag in Namibiese boks wees wanneer die eerste wereldkampicen op plaaslike bodem gekroon word.
Met 'n tuisskare agter die adjudant sal sy instruksies uitgevoer word, en sy teenstander sal onderdanig moet wees. Gereg1igheid sal geskied en boks sal nog 'n internasionale deurbraak vir Namibie maak. "Ek en beamptes van die Namibiese Boksraad is besig om koppe bymekaar te sit sodat ons groot droomwaar kan word en die land die sege van Paulus Moses saam kan vier."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie