Hou00eb bome moet kan val
Hou00eb bome moet kan val

Hoë bome moet kan val

Dani Booysen
Dani Booysen - Ná lang omstredenheid oor die beweerde onwettige oes van rooshout in die Zambezistreek het die departement van bosbou besluit om die ontbossingsprojek te staak hangende ‘n ondersoek.

Hoewel daar inligting tot die teendeel is, ontken die Chinese kontrakteur dat werk buite die toegelate gebied en sonder behoorlike toestemming geskied.

As hooggeplaaste plaaslike vennoot het oudambassadeur Leonard Iipumbu gesê hy reageer nie op “skinderstories” nie.

Inwoners se bekommernis is dat onwettighede te dikwels toegesmeer word en selfs sienderoë voortgaan.

Zambië se onlangse, grootskaalse operasie teen sluikhandel in rooshout wys – al was die metodes aanvegbaar – dat Namibië nie bloot kan terugsit en soortgelyke vergrype op eie bodem toelaat nie.

Die uitdrukking lui dat hoë bome die meeste wind vang. Vir Namibiërs is die probleem dat dit lyk of hoë bome wanneer dit by wanbestuur en beweerde korrupsie kom, nooit kan of sal val nie.

Natuurlik maak persepsies of aantygings niemand skuldig nie, maar die indruk is dat die groot visse altoos te maklik deur die net glip.

Die deursigtigheid wat die regering so dikwels predik, beteken juis dat ‘n kwessie soos hierdie oopgevlek word en volledige verantwoording aan die publiek geskied. Die feit dat dit meestal nie gebeur nie, en dat daar geen gevolge vir betrokkenes is nie, oortuig juis inwoners en besoekers met onderduimse motiewe dat hulle in die “Land van die Dapperes” met enigiets kan wegkom.

Die regering en sy owerhede moet dapperheid met dade bewys.

So sê ander

5 Augustus 2017

Editing ourselves: On genes and ethics

Scientists have for the first time managed to edit genes in a human embryo to repair a genetic mutation, fuelling hopes that such procedures may one day be available outside laboratory conditions.

In results announced in Nature this week, scientists fixed a mutation that thickens the heart muscle, a condition called hypertrophic cardiomyopathy. The cardiac disease causes sudden death in otherwise healthy young athletes and affects about one in 500 people overall.

While several diseases can potentially be prevented by using this technique, including some cancers, the announcement has also revived fears about designer babies being within the realm of possibility.

In retrospect, every advancement in reproductive health has initially been mired in controversy but has ultimately come to stay.

Nonetheless, the philosophical and ethical debates will rage on.

• THE HINDU

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!