Hoë deinings by Swakop rig skade aan
Só 'n besondere sterk springgety hierdie tyd van die jaar kom uiters ongewoon voor.
Erwin Leuschner – Aan die begin van laas week is die Atlantiese Oseaan aan Namibië se sentrale weskus nog met 'n tropiese see vergelyk. Die see was uiters kalm en as gevolg van 'n algebloei turkoois gekleur.
Hierdie prentjie het egter drasties verander toe 'n buitengewoon sterk springgety Woensdag en Donderdagoggend die Namibiese kus getref het. Die deinings is op meer as drie meter hoog geskat en geïsoleerde skade is aangemeld.
Volgens Grumpy Gramowski van die Outdoor Centre op Swakopmund het hy die deinings op tot 3,54 meter geskat.
“Dit was 'n hewige springgety en beslis as 'n gevolg van die volmaan die vorige dag. Een van ons bote wat in die marina (naby die Platz am Meer-inkoopsentrum) geanker was, is deur die storm beskadig. Ons moet 'n paar veselglasonderdele herstel,” het hy gesê en die skade op sowat N$10 000 beraam.
Swakopmund se munisipaliteit het ook aansienlike skade aangemeld. Dele van die wandelpad langs die strand naby die ysterkaai is deur die watermassas vernietig. 'n Houtbrug vir voetgangers by Jörg-Henrichsen-Park is weggesleur, terwyl 'n paar klippe van die golfbreker etlike meters op die grasperk gespoel is.
Dele van die strandpad was heeltemal oorstroom en die munisipaliteit moes Donderdagoggend die seewater uitpomp.
By die ysterkaai het die deinings individuele houtplanke uitgeruk, terwyl die Moleweg en dele van die parkeerterrein by die Mole oorstroom het.
Volgens Gramowski het die springgety wel een voordeel – toestande vir strandhengel vir die afgelope naweek is as belowend beskou.
Ons susterkoerant Allgemeine Zeitung se lesers het berig seewater het oor die B2-hoofpad naby die sogenaamde muur by Vierkantklip gevloei, terwyl water ook in die strandmeer van die Swakop-riviermond ingevloei het.
Verskeie dele van strande tussen Hentiesbaai en Swakopmund – waar strandhengelaars gewoonlik visvang – was heeltemal onder water.
Inwoners van Lüderitz het berig “baie visse, klein krewe en mossels” het by die Airplane- en Agate-strande uitgespoel. By Lüderitz het seewater selfs oor die pad na Shark-eiland gevloei.
Die springgety het nie net Namibië getref nie. Die Suid-Afrikaanse weerdiens het 'n waarskuwing vir die Wes-Kaap uitgereik en die deinings op sowat sewe meter beraam. Sterk winde van tot 70 km/h het glo tot die rowwe, onstuimige see gelei.
Vreemd genoeg was daar egter skaars enige wind tydens die springgety langs Namibië se kus.
– [email protected]
FOTO’s
Sommige dele van Swakopmund se strandpaadjie is Woensdag tydens ‘n buitengewone springgety vernietig. Foto Erwin Leuschner
Toegang tot die ysterkaai is laas week tydelik gesluit omdat die houtborde wat deur die hoë golwe uitgeruk is, herstel moes word. Foto Erwin Leuschner

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie