Hou, doeanebeampte in die sop

Catherine Sasman
Catherine Sasman – Die Chinese burger mnr. Hou Xuecheng het Maandag in die landdroshof in Windhoek verskyn nadat hy ‘n doeanebeampte in die ministerie van finansies na bewering wou omkoop.
Dít glo om goedere teen ‘n laer waarde as wat dit werd is in te voer om minder belasting daarop te betaal.

Volgens ‘n hofbeampte het die doeanebeampte, mnr. Lou Paulus, glo op omkoopgeld van N$10 000 aangedring vir skryfbehoeftes wat van China af ingevoer word.

Hou het hom glo net N$8 000 aangebied, waarop Paulus gedreig het om sy rekeninge by die ministerie van finansies te sluit.

Hou het Paulus na bewering toe aangegee en beide is vasgetrek.

Die mans is elk borgtog van N$30 000 toegestaan en moet op 14 Junie weer op die klagte teen hulle verskyn.

Paulus se borgtogvoorwaardes sluit in dat hy hangende die hofsaak sy reisdokumente moet inhandig en nie vir enige ander soortgelyke dokumente aansoek mag doen of die Windhoek-distrik mag verlaat nie.

Hou moes sy reisdokumente reeds indien hangende ‘n vorige ondersoek teen hom.

As deel van sy nuwe borgtogvoorwaardes moet hy sy reisdokumente indien sodra hy dit terugkry, en hy mag ook nie aansoek om ander reisdokumente doen of die Windhoek-distrik verlaat nie.

Een van Hou se New Force Logistics-vragmotors, wat hout uit Namibië se noordelike streke vervoer, is Maandag op Otjiwarongo opgemerk, ‘n dag nadat die vervoer- en uitvoerpermitte van hout verstryk het.

Hou het Maandagaand gesê daar is niks daarmee verkeerd nie omdat hy ‘n “vervoerkaart” het wat ná 1 April vir die volgende ses dae geldig is.

“Daar sal in hierdie tyd verkeer wees,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg vragmotors kan langs die pad breek.

Dit beaam wat die direkteur van bosbou, mnr. Joseph Hailwa, Maandag gesê het om die voortgesette vervoer van hout te verklaar.

Volgens hom het Hou se vier New Force Logistics CC-vragmotors Sondag op die sperdatum gebreek en sal hulle steeds toegelaat word om hul bestemming, Walvisbaai se uitvoerpunt, te bereik.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!