Hou00eb gaan glo VN-raad inlig oor ondersoek na Mianmar
Hou00eb gaan glo VN-raad inlig oor ondersoek na Mianmar

Hoë gaan glo VN-raad inlig oor ondersoek na Mianmar

Die voorsitter van die Verenigde Nasies (VN) gaan waarskynlik die veiligheidsraad inlig oor sy ondersoek na die Mianmar-weermag wat van volksmoord beskuldig word.

Brittanje, Frankryk, Amerika en ses ander lede het ook oor die kwessie vergader.

Druk van oor die wêreld neem ook toe op Mianmar om aanspreeklikheid te aanvaar nadat militêre optrede in die dorpie van Rachine in die weste van Mianmar verlede jaar 700 000 mense, hoofsaaklik uit die minderheidsgroep, oor die Bangladesjiese grens gedryf het.

Dié vergrype volg op die aanvalle deur Rohingia-militante op veiligheidspunte.

In die verslag van die VN-ondersoek, wat in Augustus uitgereik is, het sy veiligheidsraad gevra om 'n embargo op wapens vir Mianmar te plaas as deel van geteikende sanksies en om 'n ad hoc-tribunaal te begin om verdagtes te verhoor of hulle na die internasionale strafhof (IS) te verwys.


VETOMAGTE

Volgens diplomate gaan China en Rusland, die raad se vetomagte, waarskynlik Mianmar teen enige sulke maatreëls beskerm, maar hulle kan nie die vergadering oor die verslag keer nie omdat 'n minimum van nege uit die 17 raadslede dit steun.

Brittanje, Frankryk, Nederland, Swede, Pole, Peru, Koeweit, die Ivoorkus en Amerika het die sessie versoek.

Diplomate sê China en Rusland glo die verslag moet eers deur die derde komitee van die VN se algemene vergadering, wat met menseregte handel, toegespreek word.

Haoe Do Soean, Mianmar se ambassadeur in die VN, het Dinsdag aan die veiligheidsraad geskryf om kapsie teen die voorsitter se sessie by die raad te maak.

Hy het gewaarsku dat dit “slegs die wantroue en polarisasie onder ver­skillende gemeenskappe in Rachine sal vererger”.

“Om verantwoordelikheid bo al die ander dinge te plaas, sonder om ander positiewe ontwikkelings in ag te neem, is 'n gevaarlike poging wat sal misluk,” het hy geskryf.

Die VN, wat deur sy menseregteraad die ondersoek begin het, sê die weermag het massamoorde en bende­verkragtings in Rohingia uitgevoer met die bedoeling om “volksmoord te pleeg”.

Mianmar het die bevindings as “eensydig” verwerp en beweer dat dit 'n regverdige teen-rebellie-operasie was. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!