Hou00eb golwe looi kusoorde
Hou00eb golwe looi kusoorde

Hoë golwe looi kusoorde

Anneli Erasmus
Anneli Erasmus - Met hoogwater was Pelikaanpunt by Walvisbaai weer een van die tydelike eilandjies langs die Namibiese kus toe van die hoogste waterstygings van die afgelope twee tot drie jaar Vrydag die sentrale kus gelooi het.
Op Swakopmund het Tiger Reef by die monding van die Swakoprivier ook deurgeloop.
Die springgety van Vrydag met donkermaan was wel voorspel, maar toe was die styging selfs ’n bietjie meer as wat die weerkaart aangedui het. ’n Styging van 4 meter was voorspel, toe was dit 4,5 m met die hoogwaters van Vrydag­oggend omstreeks drie-uur en weer Vrydagmiddag.
Die hoë gety het oor die landengte gespoel wat Pelikaanpunt aan Walvisbaai verbind. Met hoogwater kon die punt nie van Walvisbaai bereik word nie. Toerleiers wat die roete ken, kon wel met laagwater deurkom. Die see doen self die lapwerk aan die landengte en binne dae behoord toestande te normaliseer met sandbanke wat weer oorgespoel het.
Op die roete na Pelikaanpunt is Donkiebaai ’n gewilde plek onder branderplankryers. Die branderryers lees die weerkaart en dit het meegebring dat tussen sestig en sewentig branderplankryers van vele lande Vrydag daar saamgetrek het. “As jy daardie branders wil ry, moet jy jou storie ken,” het mnr. Neels Dreyer van Walvisbaai, ’n kenner van die gebied, gister aan Republikein gesê. “Beginners moet wegbly.”
Op Swakopmund het mnr. Quinton Liebenberg van Tiger Reef bevestig dat die golwe die gewilde kuierplek Vrydag twee keer gelooi het. Die eerste alarm oor Tiger Reef het hom in die nagtelike ure van Vrydag, hy meen dit was omstreeks 03:00, bereik. “Die see het wel ingestoot, maar die skade was gering. Ná die stormwater is die naweek met twee groot onthale in Tiger Reef voortgegaan. Die grootste werk is om alles weer skoon te kry nadat die water ingestoot het.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!