Hou00eb Noord-Koreaan se besoek afgelas
Hou00eb Noord-Koreaan se besoek afgelas

Hoë Noord-Koreaan se besoek afgelas

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Die beplande besoek van die Noord-Koreaanse minister van buitelandse sake, Ri Yong-ho, aan Namibië, gaan nie meer plaasvind nie.

Republikein het Dinsdag berig oor die beplande besoek wat die potensiaal het om vir Namibië 'n groot verleentheid te wees. Republikein het gistermiddag ­betroubaar verneem die Namibiese regering het na aanleiding van ­mediaberigte “wakker geskrik” en besluit dit is in die beste belang van die land dat die besoek nie meer plaasvind nie.

Namibië se noue bande met Noord-Korea is die afgelope jare onder die vergrootglas met internasionale kommer wat uitgespreek is oor die blatante en byna uitdagende houding waarmee Namibië, en in die besonder die ministerie van verdediging, voortgaan om boukontrakte aan die Noord-Koreaanse Mansudae Overseas Projects (MOP), 'n frontorganisasie vir Korea Overseas Mining and Development (Komid), toe te ken – optrede wat 'n skending van Verenigde Nasies se resolusies is. Dit is nie bekend op watter re­geringsvlak die besluit geneem is om die besoek af te las nie.

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!