Hoë pos by Wêreldrugby vir Phil Davies

Rugby
Die voormalige Namibië-afrigter en Walliese slot en agtsteman Phil Davies is as Wêreldrugby se direkteur van rugby aangestel.

Davies het tussen 1982 en 1995 in 350 klubwedstryde vir Llanelli as gespeel, benewens 46 toetse vir Wallis, wat twee Wêreldbekers ingesluit het.

Vandat hy in 1996 sy loopbaan as afrigter begin het, het die 58-jarige Davies ’n kwarteeu se ervaring insluitend met spanne Leeds Tykes, Scarlets, Cardiff, Wallis onder 20 en Worcester Warriors.

Hy was ook die hoofafrigter van Namibië in die 2015 en 2019 Wêreldbekertoernooie. Hy het Namibië in 2015 begin afrig en het afgesluit met ’n wenrekord in 20 uit 35 toetse.

Davies sal aan Mark Harrington, hoof van spelerwelsyn en rugbydienstebeampte, verslag doen in ’n geherstruktureerde departement van rugby en spelerwelsyn.

Davies se take sluit in om skeidsregters tot op elitevlak te verbeter, asook die bou van verhoudings met hoëprestasie nasionale spanafrigters, die bevordering van Wêreldrugby se verhouding met spelers oor prestasie-aangeleenthede en die verskaffing van kundigheid en steun van ontluikende nasies om die kompeterende gaping op die hoogste vlakke van die spel op volhoubare wyse te oorbrug.

Davies, wat tevore met Wêreldrugby oor ontluikende lande se prestasiestrukture gekonsulteer het, sal ’n sleutelrol speel om te verseker dat welsyn steeds die kern van die reëlhersieningsproses is, aangesien Wêreldrugby wil voortbou op sterk vordering in sy sespunt-welsynbevorderingsplan.

“Ek is verheug om by die Wêreldrugby-span aan te sluit en sien uit daarna om te begin,” sê Davies in ’n verklaring.

“Ek is passievol oor die sport, sy mense en wêreldwye potensiaal en ek glo dat ek my ervarings van speel en afrigting in meer as 20 nasies oor die afgelope 35 jaar kan bring om verdere groei en ontwikkeling na die sport te ondersteun, beide op en van die veld, veral op die belangrike gebiede van welsyn, volhoubare hoëprestasieprogramme en die evolusie van rugbyreëls.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!