Hoachanas pleit vir hervestiging
Catherine Sasman - Die ministerie van grondhervorming het bewerings ontken dat mense van oorwegend die noordelike streke van die land in die Hardap- en //Kharasstreek hervestig word.
Die ministerie het op kritiek deur die Kai-//Khaun tradisionele gemeenskap van die Hoachanas-nedersetting in die Hardapstreek gereageer dat “mense van die Noorde” op plase in hierdie streek hervestig word terwyl die plaaslike gemeenskap misken word.
’n Hele aantal SMS’e met soortelyke bewerings dat aansoeke om hervestiging deur die inheemse bevolking van die land se suidelike streke geïgnoreer word ten gunste van mense van ander streke, is ook aan die media gestuur.
’n Raadslid van die Kai-//Khaun tradisionele owerheid, mnr. Simon Kooper, het aangevoer dat sy tradisionele gemeenskap spesiale oorweging vir hervestiging behoort te kry omdat die gemeenskap groot stukke grond gedurende die apartheidsera verloor het.
“Die hervestigingsprogram konsentreer nie op die herverdeling van grond wat ons verloor het nie. Die hervestigingskriteria probeer op ’n slinkse manier om ons te diskwalifiseer.
“Daar is mense hier wat mens sou dink voldoen aan die vereistes, maar hervestigingsplase word toegeken aan mense van ander streke,” was Kooper se kommentaar.
Volgens Kooper het die Kai-//Khaun kommunale gebied onder tradisionele leierskap in die apartheidsregering 50 000 hektaar beslaan.
Met die inval van die blanke boere gedurende die apartheidsera het die kommunale gebied tot ’n skamele 14 000 hektaar gekrimp met beesposte en waterpunte waar die tradisionele gemeenskap voortgegaan met om met kleinvee te boer.
UITBREIDINGS
Ná onafhanklikwording het die Namibiese regering die kommunale gebied met 8 000 hektaar uitgebrei met die oordrag van die plase Blankenese en Gomxanas aan die Kai-//Khaun-gemeenskap. Die kommunale gebied was verder vergroot tot 33 530 hektaar met die oordrag van die plaas Klein Swartmodder Nr. 135 in Desember 2012.
“Weens die onherbergsaamheid van die grond in Hardap, stel ons voor dat die tradisionele gebied selfs verder uitgebrei word,” het Koop gesê.
Hy het bygevoeg dat in teenstelling met wat sekere regeringsamptenare beweer, die Kai-//Khaun-gemeenskap nie eienaarskap van grond in die Gibeongebied eis nie omdat daardie grond aan die Witbooistam behoort.
Kai-//Khaun lede beweer dat die hervestigingsplase wat sedert 2012 gekoop is, aan mense van die noordelike dele van die Zambezi, Kavango en die sogenaamde vier O’s (Oshana, Ohangwena, Omusati, Oshikoto) en Erongo toegeken is.
Die regering het die plase Judaa, Mbela, Uhlenhorst, Jadenhock, Panama en Steinhoff sedert 2012 vir hervestigingsdoeleindes aangekoop.
“Dit blyk asof daar geen oorweging is om ons te vergoed vir die verliese wat ons weens kolonialisme gely het nie. Dit sal toekomstige geslagte skaad omdat grond die enigste bron is om ons op ons voete te kry. Ons het nie konsessies vir minerale of diamante wat ons kan bemagtig nie,” het Kooper gesê.
MINISTERIE REAGEER
Die ministerie van grondhervorming ontken hierdie bewering.
’n Woordvoerder van die ministerie, mnr. Chrispin Matongela, sê 50% van die 16 mense wat op hierdie plase hervestig is, is van die Hardap-, Khomas- en Otjozondjupastreek.
“Om op te som, die sentrale streke van Namibië is verantwoordelik vir meer as 75% van die totale toekenning (vir hervestiging),” het Matongela gesê.
Diegene wat op gedeeltes van die plase Steinhof, Uhlenhorst, Judaa en Mbela hervestig is, het op hul aansoeke aangedui dat hulle van Hardap (8), Zambeze (1), Otjozondjupa (2), Ohangwena (1), Khomas (3) and Oshana (1) is.
Van hierdie sestien hervestigde begunstigdes is vyf Oshivambosprekend en twee Namasprekend.
Kooper het gesê dat die Kai-//Khaun tradisionele owerheid gevra is om aanbevelings te maak oor wie in die Hoachanas-gebied hervestig behoort te word.
“Hy sê dit is nie duidelik hoe die mense wat oorspronklik van dié area afkomstig is, begunstig word nie.
“Ons behoort nie in armoede gedompel word nie.
“Ons moet op dieselfde vlak as ander etniese bevolkingsgroepe gebring word.
“Ons het nasionale versoening en ‘een Namibië, een nasie” geërf. Dit kom egter voor asof dit van ons verwag word om stil te bly en eenvoudig saam met die stroom gaan.
“Dit is algemeen vir die Nama om onderdanig aan die regering te wees en vir meer as 26 jaar het ons onsself aan die regering se programme onderwerp. Miskien kom die besef dat ons nie enige voordeel trek, nie te laat,” het Kooper gesê.
Hy het ook aktiviste van die Regstellende Herposisioneringbeweging (AR) gemaan wat grondbesitting aanhits en gesê:
“Hierdie is nie mense wat enige grond verloor het nie. Hulle het groot kommunale gebiede as lede of leiers van tradisionele gemeenskappe.1396986481

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie