Hoanib onder top-20 safarikampe in Afrika

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Wilderness Safaris se Hoanib Skeleton Coast Camp is onder die top-20 safarilodges en -kampe in Afrika wat deur Condé Nast Traveler aangewys is.

Hoanib Skeleton Coast Camp is die enigste safarilodge in Namibië wat op Condé Nast Traveler se lys is.

Hulle het ook vanjaar tydens die Namibië Toerisme Ekspo met die Volhoubare Toerisme-toekenning weggestap.

Volgens Condé Nast Traveler is dié kamp die enigste plek waar woestynaangepaste leeus en olifante, asook kameelperde in sulke groot getalle gesien kan word.

"Die ligging . . . dit is die mooiste plek op die planeet," skryf Condé Nast Traveler se bydraende redakteur, me. Maria Shollenbarger.

“Dit bied gaste toegang tot die byna ontoeganklike Skedelkus Nasionale Park.”

Explore Inc. beskryf Hoanib Skeleton Coast Camp se styl as "indrukwekkend en kontemporêr".

Die ander safarilodges en -kampe onder die top-20 in Afrika is in Kenia, Tanzanië, Botswana, Zambië en Suid-Afrika.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!