Hoe 2021 u2019n verskil kan maak
Hoe 2021 u2019n verskil kan maak

Hoe 2021 ’n verskil kan maak

‘Groen energie’ die sleutel
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher

As kind het ons ná ’n hewige reënbui by sogenaamde maalgate op Outjo gaan swem. Ons wás onverantwoordelik deur in die malende water te duik, rondomtalie gegooi te word en op die oorkantste wal uitgespoel te word.

As mens nou weer daaraan dink, sidder jy oor die gevare, soos onder meer drywende stompe onder die water. Ons beskermengele het oortyd gewerk.

Só was 2020.

Talle mense het ingeduik, ander het op die wal gewag, maar eintlik het niemand die antwoord oor die regte benadering gehad nie en nou maak lande reg vir ’n volgende golf van Covid-19.

Waaroor kenners egter eens is, is dat die pandemie vir ’n onbepaalde tyd met ons sal wees.

Inenting sal die verspreiding daarvan en sterftes anders stuur as tot nou.

VOEDSEL

Die vraag oor hoe ons mense blywend van kos gaan voorsien, is egter ’n ope vraag wat aandag vereis, terwyl bevolkingsaanwas voort stu.

Een van die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) se millenniumdoelwitte hou egter water, ten spyte van die verwringende impak van die pandemie. Dié doelwit handel oor volhoubare verbruik en produksie.

Volhoubare verbruik en produksie het te doen met die bevordering van hulpbron- en energiedoeltreffendheid, volhoubare infrastruktuur en toegang tot basiese dienste, sogenaamde ‘groen’ werksgeleenthede en oor die algemeen ’n beter lewe vir almal.

Dit vind neerslag in ontwikkeling wat toekomstige ekonomiese, maatskaplike en omgewingskoste verminder, of ten beste dat die progressiewe styging daarvan beperk word.

Om die rede sal mededingendheid na verwagting verbeter en armoede verlig word, maar dit gebeur teen ’n onsekere agtergrond.

VERSTEDELIKING

Verstedeliking is ’n gegewe en na verwagting sal twee derdes van die wêreldbevolking teen 2050 in stede woon. Hierdie stede verbruik 75% van die bestaande natuurlike hulpbronne en produseer meer as die helfte van alle afval. Dit dra ook na raming tussen 60% en 80% by tot skadelike kweekhuis gasse, volgens die FAO.

Tesame hiermee word enorme verskuiwings in vraag en die verbruik van goedere en dienste onder ’n groeiende middelklas bespeur.

Een hiervan is ’n groter vraag na proteïen teenoor koolhidrate. Dit het onder andere ’n reuse-impak op die gebruik van byvoorbeeld plastiek.

Gebruike soos herwinning groei vinnig, maar dit is nog nie in lyn met die spoed waarteen nieherwinbare items tot besoedeling bydra nie.

Tegnologie, wat al meer “groen energie” inspan, word wet – met of sonder ondersteuning van die staat. Deur die lewe van duursame produkte te verleng, kan die vraag verminder na materiale wat nodig is om dit te vervaardig.

LESSE

Die vraag is of daar lesse uit ons ervaring met Covid-19 te leer is. Die eenvoudigste les is dat almal van ons verplig was om dit wat ons het gedurende die grendeltyd te herwaardeer.

Daardie ingesteldheid moet deel van ons lewe bly. Ons sal seker moet maak dat ons nie ’n spoor van besoedeling en onvolhoubare verbruikspatrone deur vermorsing agterlaat nie.

Die vervanging van duursame goedere moet groter oorweging geniet en ons moet probeer wegstuur van die “tegnologie slagyster” om altyd die nuutste te wil hê.

Die verbruik van hulpbronne verdien groter respek en daarmee kan ons in 2021 afskop.

Namens my en my gesin wens ons elkeen ’n vervulde Kersfees toe, en dat ons almal gespaar sal word en met ’n vaste voorneme terugkeer om die lewe vir almal beter te maak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!