Hoe die wêreld SA verkiesing sien
Daar was Sondag uiteenlopende reaksies onder joernaliste oor die wêreld heen ná Suid-Afrika se sesde nasionale demokratiese verkiesing.
“Die finale uitslag van die Suid-Afrikaanse verkiesing word as ’n referendum oor pres. Cyril Ramaphosa beskou. Dit is die regerende ANC se swakste vertoning sedert die begin van die eerste veelrassige verkiesing in 1994,” skryf Tony Iyare op die webblad The News Nigeria.
Volgens Iyare het nie veel verander nadat Ramaphosa in Februarie verlede jaar die leisels as president by Jacob Zuma oorgeneem het nie.
Die internasionale nuusagentskap Reuters het Sondag op die feesvieringe onder Suid-Afrikaners in die Johannesburgse middestad gefokus met ’n beskrywing van ANC-aanhangers wat in swart, groen en goud buite Luthuli-huis, die party se hoofkwartier, saamdrom.
Reuters het ook met ontleders gepraat wat glo dat die verkiesingsuitslag sake vir Ramaphosa vorentoe moeilik gaan maak omdat hy te kampe het met teenstanders binne sy party wat nie noodwendig sy hervormingsplanne steun om korrupsie te takel en weer nuwe lewe in ’n sukkelende ekonomie te blaas nie.
TOENEMENDE ONTNUGTERING
Norimitsu Onishi skryf in The New York Times dat die uitslag van die 2019-verkiesing die toenemende ontnugtering van kiesers met die politieke stelsel in Suid-Afrika raakvat.
Max Bearak van The Washington Post skryf dat meer as die helfte van jong Suid-Afrikaners tussen 15 en 24 sonder werk sit – ’n reuse-uitdaging vir die 66-jarige Ramaphosa wanneer die stof van die verkiesing uiteindelik gaan lê het.
Volgens The Globe and Mail se Geoffrey York is die verkiesingsuitslag vernederend vir ’n trotse party wat eens Nelson Mandela aan die voorpunt gehad het. “Die ANC het gewen omdat opposisiepartye toenemend gefragmenteer is en sy grootste teenstanders daarin misluk het om munt te slaan uit die grootskaalse ontnugtering met die regerende party.”
CNN se David McKenzie meen Ramaphosa kon met sy verkiesingsveldtog daarin slaag om ’n bietjie afstand te skep tussen die skandes van die party en die groter spektrum van Suid-Afrikaners. “Die resultate wys dat geesdrif vir die ANC aan die taan is, wat vir Ramaphosa ’n kwelling oor die toekoms behoort te wees.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie