Hoe gemaak met huiswerkers?
Hoe gemaak met huiswerkers?

Hoe gemaak met huiswerkers?

Elvira Wood – Dit is alles goed en wel om te sê mense moet van die huis af werk waar moontlik om besmetting met die Covid-19-virus te voorkom, maar wat moet huiswerkers doen?

Hulle kan nie van hul eie huise af werk nie en móét na hul werkgewer – jou huis – kom om ’n inkomste te verdien.

Hier is vyf vrae wat oor dié kwessie gevra kan word:

1. Kan my huiswerker die Covid-19-virus na my huis bring?

Indien jou huiswerker nie inwoon en basiese saam met jou in isolasie is nie, kan hy of sy wél met die virus besmet word, en dan weer jou gesin aansteek.

Daar is natuurlik ook die risiko dat jy self met die virus besmet kan word en jou huiswerker dit by jou kan aansteek.

Die Wet op Beroepsgesondheid-en-veiligheid stel dit egter duidelik dat werkgewers moet verseker dat die werkplek veilig en gesond is.

Dit geld ook vir huise waar huiswerkers werk.

Bespreek dus die kwessie met jou huiswerker en besluit saam hoe julle die situasie gaan hanteer.

2. Wat sê die regering?

Die regering het riglyne op sy webtuiste oor die Covid-19-pandemie geplaas oor hoe om groter afstand tussen mense te skep.

Een van die riglyne onder gedrag is om nié onnodig werkers in jou huis toe te laat nie.

Die verwysing hier is wel spesifiek “onnodige” werkers, en nié huiswerkers oor die algemeen nie.

Dit is dus werkgewers se besluit oor of dit nodig is dat hul huiswerker steeds werk of nie.

3. Mag my huiswerker nog openbare vervoer soos busse en/of taxi’s gebruik?

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand in sy boodskap aan Suid-Afrikaners gesê hulle moet openbare vervoer soos taxi’s en busse met oorleg gebruik. Hy het nié gesê dat dit nié gebruik mag word nie. Hy het spesifiek gesê: “Ons ontmoedig verder alle nie-noodsaaklike huishoudelike reise, veral per lug, trein, taxi’s en busse.”

Daar is dus geen verbod daarop dat jou huiswerker van openbare vervoer gebruik maak om werk toe te gaan nie.

Jy kan egter wel ’n vergunning maak en jou huiswerker, wat nié by jou inwoon nie, dalk toe te laat om vroeër/later werk toe te kom of huis toe te gaan om te voorkom dat hulle in piektye in stampvol taxi’s en of busse te sit.

4. Moet ek my huiswerkers betaal as hulle nié werk toe kom nie?

As jou huiswerker siek word, moet jy hom/haar siekteverlof betaal soos wat die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal. ’n Huiswerker is geregtig op 30 dae siekteverlof oor ’n tydperk van drie jaar. Jy as werkgewer is daarop geregtig om te vra dat die nodige mediese sertifikate ingedien word om te bevestig dat jou huiswerker wel siek was.

As jou huiswerker nié siek is nie en nié werk toe kom nie, hoef jy hom/haar nié te betaal nie.

Gegewe die huidige stand van sake is daar voorstelle dat mense hul huiswerkers toelaat om nie te kom werk nie en hulle steeds betaal.

Phumzile van Damme, DA-LP, het Sondagaand ná Ramaphosa se toespraak juis só ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen. Sy sê mense kan vir eers self hul huise skoonmaak, en nie ’n ander persoon se lewe in gevaar stel bloot omdat hulle dit nie self wil doen nie.

Please think of those who have to use crowded public transport to get to work. For where you do have responsibility, and you do for domestic workers and gardeners, I’d suggest you do not make them come to work BUT PLEASE STILL PAY THEM!!

— Phumzile Van Damme (@zilevandamme) March 15, 2020

Pinky Mashiane, president van die vakbond die Verenigde Huishulpe van Suid-Afrika, sê in ’n onderhoud met Cape Talk dat werkgewers verantwoordelikheid vir hul huiswerkers moet aanvaar.

Sy sê ook dat daar ’n skriftelike ooreenkoms met die huiswerker moet wees dat hy/sy of wéér aangestel gaan word wanneer die situasie verander.

5. Kan my huiswerker werkloosheidsversekering eis?

As jy jou huiswerker vir werkloosheidsversekering geregistreer het, dan kan hy/sy dit eis. Indien nie, kan hulle dit nié doen nie.

Mashiane sê daar is ’n groot probleem met baie huiswerkers wat nié daarvoor geregistreer is nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 23° | 37° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 25° | 34° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 16° | 34° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 37° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!