Hoe gemaak met 'n tranedal?
|AWEBAHE JOHANNES //HOESEB SKRYF:
By tye raak ’n mens verstom
Gebeure maak ’n mens stom
Mens raak eenvoudig dom
Verstand verstil vir wat kom
Hartsake bly onverklaarbaar
Verduidelik onverstaanbaar
Dis maar moeilik om te aanvaar
As die ou liefde by jou verby vaar
Mens moet maar jou trots sluk
Vergifnis vra en maar laag buk
Al sal jou skouers ruk
Gevoelens jou hart druk
Moet jy maar net als los
Sodanig hartseer verlos
Dit het al baie lewens gekos
Laat dit tog nie joune ook kos
By tye raak ’n mens verstom
Gebeure maak ’n mens stom
Mens raak eenvoudig dom
Verstand verstil vir wat kom
Hartsake bly onverklaarbaar
Verduidelik onverstaanbaar
Dis maar moeilik om te aanvaar
As die ou liefde by jou verby vaar
Mens moet maar jou trots sluk
Vergifnis vra en maar laag buk
Al sal jou skouers ruk
Gevoelens jou hart druk
Moet jy maar net als los
Sodanig hartseer verlos
Dit het al baie lewens gekos
Laat dit tog nie joune ook kos
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie