Hoe huil jy vir die verlies aan ’n sielsgenoot?
Huil jy hard met trane en snikke, of huil jy stil in kerslig met pyn, alleen?
My hart gaan uit in meelewing met Alita se man, Jaco, en hul kinders, haar boeta, Dirk, en haar mamma.
Dit was vandag ’n week gelede Alita se begrafnis.
Ek wil my vriendin eer met die mooiste woorde wat ooit uit my vingers se kontak met die sleutelbord van ’n rekenaar gekom het, maar my hande is stom.
My vingers is stomp.
Die woorde stik in my keel en ek is hulpeloos stil met ’n groot leemte, ’n hap uit my hart is weg.
My laaste kommunikasie met Alita was iets soos: ”Jou hart is mondig, ek is te emosioneel, ek kon nie praat nie, maar weet net hoe lief ek vir jou is en hoe belangrik jy in my lewe is.”
Dit was 23 Augustus toe ons in Republikein se vergadersaal byeen was om koek te eet en die 21ste herdenking van haar hartoorplanting gevier het.
Soms, net soms, kom daar ’n sonstraal, ’n reënboog, ’n waterval en ’n skoenlapper met bont vlerke en ’n goue herfsblaar wat in jou skoot beland, tegelykertyd in jou lewe en gee jou LIG.
In my lewe was dit die tyd toe Alita haar opwagting in my lewe gemaak het. Sy was ’n anker deur beproewende tye toe Republikein ’n nuwe ontwerp gekry het en ons redaksie in ’n nuwe geïntegreerde nuuskantoor ingetrek het. In die proses was Alita ’n sielsgenoot, ’n maat wat in my swembadjie kom wyn drink en pizza eet en ons twee sommer so op ons eie gebraai het, drome en geheimenisse, seerkry en verspeelde lentes gedeel het, sonskyn-somers van vergange tye en toekomswense gedeel het.
As ek my oë toemaak, sien ek haar ononderdrukbare glimlag, die sprankel in haar oë, haar lewenslus en die vreugde en voldoening van ’n mens wat werklik gelukkig was in my geestesoog. So sal sy my vir altyd bybly.
My hart breek stukkie vir stukkie sedert ek die nuus van haar dood gekry het en dit sal nog vir lank breek en breek en krummel en krummel tot dit tot ruste kom.
Vanaand is daar nog nie rus nie, maar ek moes my pyn verwoord, in letters op skrif, my enigste manier om dinge te verwerk.
Dis my blomme op jou graf, mooiste mens wat ooit geken het. Jy is my heldin, my Racheltjie de Beer, my Dirkie Uys, my Nelson Mandela. My Alita.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie