Hoe klink u2018gapu2019-jaar in landboubedryf?
Hoe klink u2018gapu2019-jaar in landboubedryf?

Hoe klink ‘gap’-jaar in landboubedryf?

Ronelle Rademeyer
‘n Vennootskap tussen die Peritum Agri-instituut en die Reitz-landbou-akademie in Suid-Afrika maak dit nou vir jongmense moontlik om ‘n oorbruggingsjaar (‘gap”-jaar) in die landboubedryf te doen.

Agri-Gapjaar is luidens ‘n verklaring ‘n eerste vir Suid-Afrika. Dit bied aan voornemende studente met ‘n belangstelling in die landbou ‘n geleentheid om holistiese voorbereiding tot die volwasse en werklewe met ‘n pretjaar te kombineer. Dít alles terwyl gestruktureerde leerprogramme in landbouproduksiebestuur voltooi word én die studente omvattende boerderyblootstelling opdoen.

“Dit is ‘n ideale geleentheid vir jong mense om terug te tree en perspektief te kry, te herlaai ná ‘n veeleisende skoolloopbaan ‘n reis van selfontdekking en groei te onderneem, én om daarmee saam omvattende landboublootstelling op te doen, lui ‘n gesamentlik verklaring deur Peritum Agri en die Reitz-akademie.

WAT KAN JY VERWAG?

Die landboublootstelling bestaan uit vier komponente: praktiese demonstrasies, kort leermodules, weeklikse boerderyrotasie en bestepraktyk-besoeke.

Die blootstelling sluit onder meer ook ‘n skeerkursus, jaarlikse inentingsprogramme, produksiemodelle, stoetkeuring, grondprofielontleding, grond- en waterontleding, veilings, veldopname en karkasontleding in.

Studente sal weekliks roteer en daagliks omsien na sewe verskillende afdelings van die Reitz-akademie se boerdery op dié dorp in die Noordoos-Vrystaat.

‘n Besoek aan Sernick, reuseboerderybedryf van bobaasboer Nick Serfontein, is ook ingesluit om die totale vleiswaardeketting in aksie te sien.

Die Hoërskool Reitz se Lentehof-koshuis sal as basis dien. Studente sal in dubbelkamergeriewe gehuisves word en drie maaltye per dag kry.

Vennote van die akademie sluit in Standard Bank, die Sernick-groep, VKB, Graan SA en John Deere.

Vir meer inligting, besoek www.peritumagri.com. Die e-pos-adres is [email protected] en die telefoonnomer is 0027 51 451 1120. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!