Hoe minder haas, hoe minder ongelukke
Statistieke toon die verlaagde spoedperk werp vrugte af.
Tanja Bause - Sedert die spoedbeperking op die Westelike verbypad in Windhoek op 1 Augustus verlede jaar na 80 km/h verminder is, is ’n afname in ongelukke, sterftes en beserings aangemeld.
Volgens konst. Edmund Khoaseb, skakelbeampte vir Windhoek se stadspolisie, bevestig statistieke dit.
“Tans doen ons spoedwetstoepassing op die Westelike verbypad, maar ons skryf geen kaartjies uit nie. Ons wag dat die Namibia Standards Institution (NSI) die spoedwetstoepassingstoerusting goedkeur,” het hy gesê.
Mense wat onverskillig ry, op die skouer van die pad verbysteek, stilhou in die noodbaan of onder ’n brug, onwettige U-draaie maak, en voertuie wat met passasiers oorlaai is, word wel beboet.
“Ons doen ook lukrake toeste vir alkoholmisbruik en beboet oortreders. Ons het in samewerking met verskillende vennote soos die Private Sektor Padveiligheidsforum voetgangerveiligheidsopleiding op die Westelike verbypad gedoen.”
Volgens Khoaseb word wetstoepassingspanne daagliks van 06:00 tot 22:00 op die pad ontplooi.
Oor naweke is hulle tot 24:00 op die Westelike verbypad.
“Ons sal met die spoedwetstoepassing op die Westelike verbypad begin sodra ons die NSI se goedkeuring ontvang het,” het hy gesê.
Die verlaging van die spoedperk van 120 km/h na 80 km/h op 'n roete wat berug is vir sy ongelukslagoffers, is een van verskeie kort- en langtermynpogings om ongelukke hier te probeer verminder.
“Met die nuwe spoedbeperkings is die pad van ’n snelweg na ’n deurpad afgegradeer,” het mnr. Eliphas !Owos-oab, voorsitter van die Padveiligheidsraad (NRSC) verlede jaar in Augustus gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie