Hoe naby gaap die afgrond?
Dikwels word ook oor Namibië die uitdrukking gebruik dat uiteenlopende aspekte van die land twee verskillende wêrelde verteenwoordig.
Ons leiers se belangrikste taak is om brûe oor sulke klowe te bou. Die een wat die meeste genoem word, is die gaping tussen ryk en arm.
'n Soortgelyke skeiding bestaan dikwels tussen die boodskappe wat leiers vanaf podiums en na die buiteland uitstuur en die omstandighede waarin gewone Namibiërs hulself bevind.
Van tyd tot tyd ontbloot die media hierdie weersprekings in wisselende grade van rou realiteit.
Ons regering laat dit klink of hul die droogte onder beheer het, maar baie boere bevind hulself anderkant moedverloor se vlakte.
Wat is die ware toestand van administrasie, bestuur en ons staatskas wanneer 15 skole in Windhoek se krag weens wanbetaling gesny word?
Rundu, langs die magtige Kavangorivier, sit opnuut dae lank sonder water omdat al die pompe stukkend is wat die reusedorp se opgaartenks moet vul.
In onder meer die Ohangwenastreek moet 900 hoërskoolleerlinge met twee latrines klaarkom. Die 700 koshuiskinders hier moet al in 02:00 in die oggend in skofte begin stort.
Hierdie is maar net 'n kort lysie uit die afgelope week se dagblaaie.
Wanneer die wêrelde waarin leiers en kiesers woon ver genoeg van mekaar beweeg, kan die gevolglike oorkook en inploffing dramatiese vorme aanneem. 'n Pot wat reeds keer op keer aangebrand het, kom uiteindelik nooit weer skoon nie.
Hoe naby is ons aan hierdie afgrond?
So sê ander
12 Februarie 2020
Regering moet werkloosheid só begin takel
Werkloosheid in Suid-Afrika bly steeds uiters kommerwekkend.
Ofskoon Statistieke Suid-Afrika (SSA) pas bekend gemaak het die land se amptelike werkloosheidskoers bly onveranderd op 29,1%, het werkloosheid volgens die uitgebreide definisie tot 38,7% (vanaf 38,5%) gestyg. Die 38,7% is 'n rekord.
Dié syfers moet gelees word teen die agtergrond van die belangrike verslag getitel “Tien miljoen en steeds meer: Wat gaan dit verg om Suid-Afrika se werkbloedbad te stop?”
Tussen 2008 en 2019 het die getal mense wat wil werk, maar nie kan werk kry nie en al moed opgegee het, van 6,5 miljoen tot 10,3 miljoen toegeneem. Daar is elke dag 1 700 meer mense wat werk soek, maar net 500 kry werk.
Die ANC-regering moet erken dat swart ekonomiese bemagtiging bloedweinig gedoen het om die armste swart mense in die land op te hef. Wat dit gedoen het, is om 'n groepie swart mense baie ryk te maak.
Wat dringend nodig is, is 'n model van inklusiewe ekonomiese groei wat onder meer sou behels dat die stiksienige arbeidswetgewing en die burokratiese rompslomp waaraan klein en mediumondernemings onderwerp word, die nekslag toegedien moet word.
Sonder inklusiewe groei gaan al hoe meer mense afhanklik word van die welsynstelsel. Dan verg die onderwys dringende aandag.
Dié sake is hopelik hoog op Ramaphosa se agenda vir sy staatsrede.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie