Hoe om dit niu00e9 te doen nie
Hoe om dit niu00e9 te doen nie

Hoe om dit nié te doen nie

Dani Booysen
Dani Booysen - Die aaklige uitrafeling van Nudo se partykongres die afgelope naweek is ongelukkig ‘n uitstekende voorbeeld van hoe om nie die kuns van politiek te bedryf nie.

Hierdie en ander opposisiepartye moet weet dat sulke chaos niks goeds vir hul eie toekoms inhou nie. Ook nie vir Namibiese demokrasie in die algemeen nie.

Sekere goedkoop politieke uitsprake in die aanloop tot die kongres doen teenstanders ook nie eer aan nie.

Dit in ‘n land waarin die opposisie as teenwig vir die regering juis sedert 1990 stelselmatig verswak het weens verbrokkeling en ‘n gebrek aan werklike alternatiewe vir kiesers.

Nudo se poging om nuwe leiers te verkies, het ontaard in geweld en dreigemente van geweld, die inroep van die polisie en ‘n dringende hofaansoek. Dit weens die beweerde buig van reëls, administratiewe onbevoegdheid en verskeie ander aantygings.

Elke faksie het natuurlik sy eie weergawe van gebeure. Strydbyle sal egter gou begrawe word om aansien te red.

Tweespalt en faksiegevegte is dikwels ‘n doodskoot; al kan die uitbloei lank neem. Vir enige instelling; nie net politieke partye nie.

Nudo is nie die enigste opposisiepartye waarin daarin onmin woed nie. Verdeeldheid heers ook in onder meer die RDP en die Workers’ Revolutionary Party (WRP).

Die gevolglike polarisering ondermyn nie net gesonde politieke opposisie nie, maar endemiese verdeeldheid op alle fronte is ‘n siekte wat ‘n land lam kan lê.

So sê ander

28 Mei 2018

Beeld en Volksblad sê

Die aardbewing van staatskaping lewer steeds erge naskokke op waarvan die jongste die sake van die lugdiens SA Express is.

Die regering behoort onverwyld ’n deeglike ondersoek te doen na die sinvolheid daarvan om die laaste bankrot oorblyfsels van die openbare lugdienste te privatiseer. Of om dit bloot te sluit en die bates te verkoop.

’n Land se prestige lê nie daarin of hy ’n eie lugdiens het nie, maar of hy ’n “beter lewe vir almal” kan skep.

Nog belangriker is dat ’n doelgerigte proses begin word om almal wat betrokke was by die diefstal of gebrek aan oorsig wat die klimaat daarvoor geskep het – bestuurs- en direksielede ingesluit – strafregtelik te vervolg.

Die skuldiges kan nooit toegelaat word om weg te kom nie.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!