Hoe raak Mosambiek se aardgas-ambisies SA?
Francois Williams en Bloomberg – Bouwerk kan nou amptelik begin aan Mosambiek se heel eerste vloeibare-aardgas-aanleg (VAG). Of Suid-Afrika ook voordeel uit die projek kan trek, is egter nog onseker.
Dit kom nadat die Amerikaanse onafhanklike oliegroep Anadarko ’n finale beleggingsbesluit geneem het oor die ontwikkeling van sy Area 1 Mosambiek VAG-projek.
Teen $25 miljard is dit die grootste enkele buitelandse investering in Afrika, meen Al Walker, uitvoerende hoof van Anadarko. Dit kan mettertyd Mosambiek se ekonomie laat verdubbel, het hy Dinsdag op ’n geleentheid in die hoofstad, Maputo, gesê.
Of die buurland Suid-Afrika ook voordeel uit die ontwikkeling kan trek is nog onseker, en waarnemers het al gewaarsku Suid-Afrika vat veels te lank om nouer met Mosambiek saam te werk - hetsy om van die aardgas as energiebron te gebruik of om voordeel te trek uit die ontwikkeling van die projek.
Filipe Nyusi, president van Mosambiek, het dit as ’n historiese dag vir die mense van Mosambiek beskryf want die projek kan duisende werkgeleenthede vir Mosambiekers skep en die land se ekonomie laat groei. Mosambiek het die potensiaal om vir dekades een van die wêreld se grootste verskaffers van skoner energie te wees, sê Nyusi luidens ’n verklaring wat Anadarko uitgestuur het.
Anadarko en die Italiaanse oliemaatskappy Eni was twee van die eerste eksplorasiemaatskappye wat in 2010 reuse-gasvondse in die Rovuma-kom aan die noordkus van Mosambiek ontdek het.
Eni en die Amerikaanse oliereus Exxon Mobil werk aan soortgelyke VAG-projekte oos van Anadarko s’n.
Anadarko se projek gaan eerste ontwikkel word, en sal bestaan uit twee aanlegte wat in totaal 12,88 miljoen ton gas per jaar sal kan lewer. Langtermynkontrakte vir die verkoop van die gas is reeds beklink vir 11,1 miljoen ton van die gas per jaar, oftewel 86% van die aanleg se vermoë. Die kopers is van Asië en Europa. Die eerste gas sal teen 2023 gelewer word.
’n Deel van die gas word gereserveer vir plaaslike gebruik om die Mosambiekse ekonomie te help ontwikkel.
Anadarko het subkontrakteurs aangestel vir die bou van die ondersese pypleidings wat die gas na die land sal bring, en die bou van ’n aanleg op land om die gas in ’n vloeibare vorm te omskep vir uitvoer via spesiale VAG-skepe.
Die Franse oliereus Total kan egter binnekort die eienaar van die projek wees. Dit is omdat Occidental Petroleum vroeër vanjaar ingestem het om Anadarko oor te neem, terwyl Total ’n ooreenkoms met Occidental het om al Anadarko se bates in Afrika by hom oor te koop vir $8,8 miljard. Dit sluit die Mosambiekse projek in.
Die aanleg op land is in die noordelike Cabo Delgado-provinsie waar daar in 2017 terreuraanvalle deur radikale Islam-groepe plaasgevind het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie