Hoe ry die boere, koop-koop so . . .
Henriette Lamprecht - Dit is die lekkerste om ná ‘n maand se afwesigheid weer bymekaar te kom en al die bekende gesigte te sien en nuus uit te ruil.
Om links te draai in Loslappielaan en af te stap in Askoekwals en in Langarmlaan jou “familie en vriende” te gaan groet wat vir jare al deel van jou maandelikse omgeekring is.
Windhoek se immer gewilde maandelikse instelling, die Boeremark, was twee susters se droom, en is ook op een se stoep “gebore”!
Om die sussies se stoepdroom aan die lewe te hou, is nou in Esmé Lubbe se hande, wie se man, Gideon, se ma een van die twee Boeremark-sussies was.
Volgens Esmé is Elza en Kiet van der Westhuizen se eerste Boeremark op 5 Februarie 2011 gehou.
Elza, ‘n gebore Namibiër wat vir jare in Bloemfontein gewoon het, Kiet, en hul broer Koos Booysen, het saam op Kiet se voorstoep gekuier. Die gesels het gaan draai by die Boeremark in Bloemfontein, en “net daar daar het iets gebeur”, sê Esmé.
“Hoekom nie so iets vir die Windhoek-gemeenskap aanbied nie? En net daar, op Kiet se stoep, is Windhoek se eie Boeremark gebore!”
Al twee die sussies was weduwees en het besef om ‘n inkomste te verseker, is nie altyd maklik nie.
“Daar is soveel mense in ons gemeenskap wat die vermoë en talent het om te bak, handewerk te doen, of wat idees het hoe om ‘n ekstra inkomste te genereer, maar nie die platform het om dit te doen nie. Met die Boeremark sou dié mense nou die geleentheid gegun word om hul produkte aan die publiek te bied.”
Daarmee saam sou Windhoekers die geleentheid gee kry om vars en ook handgemaakte en unieke produkte op ‘n maandelikse basis te kan koop.
“Windhoekers en inwoners uit die omgewing het ook die kans gekry om die samesyn en geselligheid van ‘n mark te beleef en weg te kom van die alledaagse gejaag van winkels en roetine. Dit is vir gesinne en ja, vir oud en jonk!”
Agt jaar later het die vereistes vir uitstallers nie baie verander nie, sê Esmé.
“Wat belangrik is, is dat die Boeremark nié ‘n vlooimark is nie en dit maak die vereistes eenvoudig – soveel as moontlik unieke, vars of handgemaakte produkte, nie iets wat jy sommer by enige winkel te koop sal kry nie.”
Die Boeremark se straatname is uniek en is ook Kiet en Elza se breinkinders.
Kiet en Elza wou graag unieke name, eie aan die boeregemeenskap, aan die strate gee. Die straatname het begin by ou Afrikaanse liedjies en woorde eie aan Afrikaans soos Lekker-ou-Jan, Loslappie, Tonteldoos, Askoekwals en Langarm.
Met die eerste Boeremark was daar 60 stalletjies en vandag spog dit met 112, die maksimum wat hier opgeslaan kan word.
In die byna ‘n dekade wat die Boeremark maandeliks deel van Windhoek se landskap is, het hulle net een keer verhuis, vertel Esmé.
“Ons het op die Windhoekse Skougronde op ruwe grondterrein met geen gras, net stof en sand, begin! Nou het ons die heerlike geriewe aan die lewendehawekant met die minimum stof en heerlike groen gras!”
Natuurlik is daar uitstallers wat jare reeds op die maat van die Askoekwals hul unieke en vars produkte in Tonteldooslaan verkoop.
Daar is Renette Holder met haar Golden Oldies, die Rudolphs met hul vleis, Poena en Marietjie Barnard se jaffles wat van die eerste Boeremark af nog nooit nié daar was nie, die Lubbes met hul krultjips en corn dogs, en natuurlik die Polka Dot Ladies met hul koffie-en-koek-winkel.
“Soms het die produkte verander, maar die mense het dieselfde gebly. Daar is natuurlik nie net uitstallers wat die mark van dag een af ondersteun nie, maar ook organisasies soos die Windhoekse Skouvereniging, en veral mnr. Harold Scmidt en Kanaal 7 wat dit al verskeie jare ondersteun.
“Dit is die mense, die produkte, die saamkuier en die familie-atmosfeer wat die Boeremark so uniek maak,” sê Esmé.
Sy sonder ook die lojaliteit van die uitstallers en ondersteuners uit wat getrou elke maand hul stalletjies opslaan, en dié wat kies om juis hier hul beursies vir vars en unieke produkte oop te maak.
Die rede vir die volgehoue sukses is eenvoudig, erken Esmé.
“Eerstens is dit die Here se genade. Van die begin af het Kiet en Elza die mark aan die Here opgedra. Ook is dit die fantastiese mense wat hier uitstal. Hul samewerking en lojaliteit is prysloos, en natuurlik ons ondersteuners, die Windhoekse gemeenskap.”
Sy erken elke uitstaller “is soos familie”.
“Dit is die lekkerste om ná ‘n maand se afwesigheid weer bymekaar te kom en al die bekende gesigte te sien en nuus uit te ruil. Dit is vir ons altyd baie erg wanneer ons byvoorbeeld einde September, wanneer dit skoutyd is, mekaar vir twee maande nie sien nie. Jy verlang na jou familie en vriende! Daar is beslis ‘n gevoel van omgee vir mekaar.”
Ná soveel jaar is daar natuurlik ook interessante staaltjies, en ook hier en daar vreemde versoeke vir ‘n stalletjie (soos lewendige hoenders en varke!), sê Esmé.
“Wat vir my as jare lange uitstaller uitstaan, is die feit dat die Here so goed is vir die Boeremark. In agt jaar het die mark nog nooit uitgereën nie. Dit sal voor die tyd reën en dalk presies ‘n uur voor ons oppak, maar ‘n mark het nog nooit uitgereën nie.”
Voor die Boeremark sy staan op gras gekry het, was dit egter ‘n heel ander storie as die wind opgesteek het.
“Gazebo’s wat teen drade uitklim en sand tussen jou tande en in jou hare! Maar dan het ons gedans, letterlik dat die stof so staan!”
Kiet en Elza was Esmé se wederhelfte, Gideon, se tannies, en met Kiet se afsterwe het haar seuns gevoel hulle wil baie graag die Boeremark in die familie hou.
“Ons self is al van die begin af deel van die mark en deel hul passie vir die Boeremark. Ons wil die beste vir die uitstallers en die gemeenskap hê.
“Ons wil graag die karakter van die mark behou, die uniekheid en identiteit daarvan, so ons wil nie groter nie – groter is nie noodwendig altyd beter nie.”
Hul wens vir die Boeremark?
“Dat die Here Sy hand oor ons sal hou, sodat ons ons deel vir die gemeenskap kan doen.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie